Write a Review

Die Kartel

All Rights Reserved ©

Summary

Emma is op haar jaarlikse verlof waar sy vir Stiaan ontmoet. Hulle het 'n warm vakansie romanse. Oppad na die lughawe toe word Emma ontvoer en Stiaan sien dit gebeur. Hy gaan red haar en so begin hul avontuur saam.

Status:
Complete
Chapters:
11
Rating:
n/a
Age Rating:
18+

HOOFSTUK 1

Emma sit op ’n bankie en uitkyk oor die see. Dit is haar jaarlikse verlof en sy is bly om weg te wees van al die gewoel van die stad. Sy het sommer haar selfoon in die woonstel gelos, want haar pa pla haar knaand. Is dit nie die idee van ’n vakansie nie, om weg te kom van almal af nie? Hy bly vir haar boodskappe stuur dat sy tog nie sy familie naam in die skande moet steek terwyl sy met vakansie is nie. Watter skade sal dit tog nie aan die besigheid se naam ook bring as sy dogter op die voorblaaie van die koerante moet pryk nie.

Al die mense in sy sosiale kringe sal dit sien en dan is sy naam weer swart gesmeer. Nie dat Emma al so hande uit geruk het dat sy op die voorblad van die koerante verskyn het nie. Dit is haar broer se werk. Hy het nou al soveel kere in die nagklubs waar hy uithang, handgemeen geraak of selfs hom so bewusteloos gedrink het dat hy die voorblaaie gehaal het.

Veral die fiasko toe hy met sy nuwe ingevoerde Bently in die fontuin van een van die vernaamste hotelle in Sandton beland het. Hulle pa was buite homself van woede. Hy het vir Tim in die tronk laat slaap daardie aand sodat hy homself nie skuldig maak aan moord nie. Noodeloos om te sê dit was inderdaad tot in elke skinder tydskrif op die mark gepubliseer.

So ingedagte is Emma dat sy nie dadelik die man sien wat so ’n entjie van haar af kom staan nie. Hy het ’n roomys in sy hand waaraan hy lustig staan en lek terwyl hy uitkyk oor die see. Skielik is daar ’n by wat wil saam eet aan sy roomys en met die wilde geklap na die by slinger hy die roomys deur die lug en dit land mooi op Emma se bors. Sy snak na haar asem vir die skielike koue en voel hoe die roomys begin smelt en tussen haar borste inloop. Sy probeer om die roomys af te vee. Die man is ook dadelik by haar en sonder om te dink vryf hy ook oor haar bors en vee die roomys net verder tussen haar borste in.

“Ek is so jammer, ek het regtig nie bedoel vir die roomys om op jou te land nie. Die by het my amper op my neus gesteek en toe keer ek. Ek is regtig baie jammer” verduidelik hy.

Emma is sommer dadelik kwaad.

“Hou jou hande van my af!” roep sy kwaad uit. “Ek sal self die roomys afvee!” skree sy amper.

Toe sy vies opkyk, kyk sy in ’n paar blou oë in wat amper dieselfde blou as die hemel is. Die man bly dadelik stil maar is vasgevang in Emma se blik. Hulle staar vir ’n sekonde of twee net in mekaar se oë, gefasineer die elektriese golwe wat deur albei trek.

Emma kry dit naderhand reg om verby die oë te kyk na die res van die gesig. Hier voor haar staan ’n man wat lyk of hy ’n Franse edelman kon gewees het in die ou Kaapse storieboek wat sy besig is om te lees. Net soos hy beskryf is in haar boek, staan hy nou in lewende lywe voor haar. Hy het bruin hare wat in ’n poniestert agter sy nek vasgebind is. Sy neus is pertinent maar nie te groot nie, adelik. Hy het sensuele lippe wat half vra dat hulle gesoen wil word. Sy ken is vierkantig maar pas by sy gesig, met ’n dimpel in die middel.

Dan beweeg haar oë na die res van sy lyf. Sy kan haarself nie help nie, want sy moet sien of hierdie nie dalk die held van haar storieboek kan wees nie. Hy het breë skouers en sy mooi gevormde bors is sigbaar deur die t-hemp wat effe stryf sit. Hy het sterk arms wat enige vrou om haar sal wil voel en veilig sal voel in sy omhelsing. Sy voorarms is gespierd en hy het die mooiste sterk hande. Hande wat haar lyf maar kan verken, flits dit deur haar. Sy middel is dun met ’n kortbroek wat redelik laag om sy heupe sit. Hy het fris bene wat lyk asof hy ’n fietsryer of atleet kan wees. Wat ’n beeld van ’n man is hy nie! Al wat kort is die franse tabbert en ’n swaard met ’n hoed op sy kop. Toe Emma opkyk, kyk Stiaan haar vraend aan met een wenkbrou gelig. ’n Ligte blos kruip oor Emma se wange. Hoe kan sy die man so openlik op en af kyk, maar soos hulle sê mooi was nog nooit lelik nie en kyk is vry.

“Ek is regtig jammer” sê Stiaan weer met ’n skuldige glimlag om sy mondhoeke.

“Als reg, ek sal dit gaan afwas by die woonstel” sê Emma nou verleë en wil net weg draai om aan te stap toe een van daai mooi hande haar aan haar arm vat.

“Wag. My naam is Stiaan. Sal jy saam met my gaan eet vanaand om op te maak vir die roomys gemors?“ vra Stiaan sag en kyk diep in Emma se groen oë in.

Emma vries in haar spore want met sy aanraking voel dit soos ’n duisend volts wat deur haar lyf hardloop en by haar tone uit skiet.

Sy kyk op en hulle oë ontmoet weer.

“Uh, Emma, my naam is Emma” herhaal sy haarself toe sy oor haar tong val.

Sy weet sy moet versigting wees vir die joernaliste wat hulle so agtervolg maar hoe kan sy vir die mooi man nee sê?

“Dit sal lekker wees” sê Emma en Stiaan los haar arm laat gly hy sy vinger teen haar arm af. Dit voel vir Emma of elke senuwee punt in haar liggaam op aandag staan. Die elektriese uitwerking het sy nog nooit gevoel nie en dit is vreemd, want sy is so ’n vaal meisie dat geen man al so ’n intieme gebaar teenoor haar gemaak het nie.

’n Stemmetjie in haar kop waarksu haar om nie sommer so in die vreemdeling se strik in te loop nie, maar hoe kan ’n meisie nee sê vir ’n man wat lyk soos die held uit ’n storieboek? “Ontmoet ons mekaar weer hier so teen sewe uur?”

“Afgespreek, om sewe uur” antwoord Emma amper te gou en kyk vir ’n laaste keer in sy blou oë op voor sy begin wegstap.

Na ’n paar minute loer sy oor haar skouer om te kyk of hy nog daar staan en vang hom dat hy haar agterna staar. Vinnig kyk sy weer voor haar en loop rustig na haar woonstel toe terwyl sy probeer om haar hartklop te bedaar. Was hierdie ontmoeting toeval of was dit beplan, wonder Emma. Sy herken nie die man van êrens af nie. Sy sal versigtig moet wees as hy uitvind wie sy regtig is.

Stiaan kyk Emma agterna. Hy weet nie wat nou hier gebeur het nie, maar iets in hom het geroer. Wat dit is weet hy nog nie, maar dit maak hom bang. Hy het al verhoudings gehad maar nog nie een meisie het so ’n uitwerking op hom gehad nie. Hy sien sy loer oor haar skouer terug en kry sommer skoenlappers in die maag. Hy sal hom moet gaan netjies maak as hy hierdie mooie dame wil beindruk. Hy bel gou die Italiaanse restaurant op die seefront om vir hulle ’n tafel te bespreek. Gelukkig het hierdie meisie hom nie herken nie, seker omdat hy meestal van sy besigheid oorsee doen en net ’n satelliet kantoor hier in Suid-Afrika het.

Dit is sewe uur en Emma staan by die bankie waar die roomys ongeluk vroëer die middag plaas gevind het. Sy het gaan stort en al die taai roomys van haar bors afgewas met ’n glimlag om haar mond. Eintlik as sy nou terugkyk op die oomblik, is dit nogal snaaks, dink sy. Sy sien nog nie vir Stiaan nie. Sy staan en kyk hoe die laaste strale van die son oor die see weerkaats soos wat dit sak. Ewe skielik voel sy hoe haar hare in haar nek regop staan. Sy verstyf. Dit voel of iemand vir haar staan en kyk. Sy kyk versigtig oor haar skouer maar sien niemand nie. Seker verbeel sy haar. En toe voel sy ’n elektrisiese golf wat oor haar spoel en weet dat Stiaan naby haar moet wees.

“Goeie naand mooie dame, is jy alleen hier” vra Stiaan speels agter haar. Sy ruik sy naskeer middel en word sommer lighoofdig.

“Dit hang af wat jy beplan om met my te doen” terg sy terug.

Toe sy omdraai staan Stiaan daar, netjies uitgevat met ’n rooi roos in sy hand.

“Hierdie roos is spesiaal vir jou” sê Stiaan en maak ’n ligte buiging.

“Baie dankie” sê Emma met ’n blos op haar wange.

Stiaan hou sy arm vir haar uit en sy hak by hom in. Saam stap hulle na die restraurente toe wat in ’n ry op die strandfront lê. Hulle loop verby na die verste punt met die restaurent met die mooiste uitsig. Emma is beindruk. Sy het nie geweet hulle sal vanaand by so ’n duur restaurent eet nie. As sy haar pa partykeer vergesel op besigheid dan eet hulle by al hierdie duur restaurante. Hierdie een is een van hulle. Hulle tafel word vir hulle aangewys en dit is redelik weggesteek van die res van die restaurant. Emma verkies dit so. Sy wil nie onnodig raak gesien word nie.

“Sal ek vir ons wyn bestel?”

“Dit sal lekker wees dankie” antwoord Emma.

Nie een van die twee wil regtig hê die ander een moet weet wie hulle regtig is nie. As hierdie ’n vakansie romanse gaan wees, dan bly dit net hier by die see. Die verhouding sal seker nooit verder gaan nie. Dit is mos hoe ’n vakansie romanse werk. En waarom nie. Emma was lank laas in ’n verhouding so sy kan vir ’n verandering ’n man se geselskap geniet. Sy is aan niemand verbind nie.

“Wat doen jy vir ’n lewe Stiaan?” vra Emma nadat die kelner vir hulle elkeen ’n glas wyn geskik het en hulle na die spyskaart kyk.

“Ag so iets van alles, meestal besigheid in kommunikasie toestelle” gee hy ’n vaag antwoord.

“En jy?“

“Ek is ’n prokureur wat ’n groot maatskappy se regsake hanteer” antwoord sy net so vaag.

“So reis jy baie oorsee?”

“Ja meestal van die tyd is ek in Switserland waar ons hoofkantoor is. Ek kom net so nou en dan Suid-Afrika toe om te sien dat alles reg verloop hier.”

Hulle geniet hulle ete en gesels oor alledaagse dinge. Na hulle nagereg genuttig het, vra Stiaan vir die rekening. Dit word betaal en hulle verlaat die restaurant.

Daar is ’n koel briesie wat van die see se kant af inwaai en Emma ril vir die koue windjie. Stiaan trek sy baadjie uit en hang dit om Emma se skouers. Weer ruik Emma sy naskeermiddel aan sy baadjie. Hy bied weer sy arm vir haar aan en hulle stap ingehak terug met die strand langs.

“Waar bly jy Emma?”

“Ek is in daardie derde blok woonstelle.”

“Goed ek sal saam met jou loop tot by jou voordeur om seker te maak jy is veilig.”

Dit is ’n mooi aand en die sterrejties skyn helder. Toe hulle by die ingang van die woonstelle kom, vra Emma teen haar eie beterwete “Wil jy dalk in kom vir koffie?”

Stiaan dink daaroor na want hy weet dat hierdie vesoeking al hoe groter word om hierdie meisiekind vas te ruk teen sy lyf en haar aan die brand te soen. Kan hy sy lyf beheer as hy eers hierdie meisie vir homself het, wonder hy. Hy kyk af in haar groen oë en sonder om nog te dink sê hy ja. Terwyl hulle staan en wag vir die hysbak, kry Emma weer daardie gevoel dat iemand hulle dophou. Toe hulle in die hysbak is kyk Emma na die ingang toe, maar sien weer niemand nie. Tot Stiaan se verbasing ry die hysbak tot heel bo waar die luukse ‘penthouse’ gevestig is. Hierdie vloer is ekslusief vir die rykstes gereserveer.

Wie is hierdie meisie nou eintlik, wonder hy. Die eenheid het net die beste van alles in. Iets waaraan hy gewoond is, maar nie wil laat bleik nie. Emma loop na die kombuis gedeelte toe en skakel die koffie masjien aan. Toe sy omdraai staan Stiaan kort agter haar. Hulle oë ontmoet en soos ’n magneet trek hulle mekaar aan en beland in mekaar se arms. Stiaan soen Emma versigtig, maar sy verdiep die soen dadelik. Dit is asof die res van die wêreld nie nou saak maak nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee.

Stiaan soen Emma passievol terug en sy leun in sy liggaam in. ’n Snaakse geluid van die koffie masjien ruk hulle terug na die werklikheid toe. Iets het verkeerd gegaan en die hele werksoppervlak is skielik vol water. Emma het vergeet om die dekseltjie af te haal sodat die water kan deurloop. Sy gryp ’n vadoek en probeer die water keer, maar dit loop af op die vloer. Haar bene is nog jelly van die soen en toe sy te vinnig vorentoe tree, gly sy op die nat tëels. Stiaan is gelukkig naby en vang haar voor sy op die grond beland.

“Is jy okei, het jy seergekry?” vra hy besorgd.

Emma kom op haar voete en kyk effe weg want sy weet as sy weer in sy oë gaan kyk, gaan sy heeltemal beheer oor haar lyf verloor.

“Ek is reg, dankie” sê sy en draai weg van Stiaan af.

Sy vee die water van die blad af en maak die vloer droog en begin die koffie van voor af te maak. Intussen het Stiaan na die groot venster toe gedwaal waar hy oor die gedeelte van die stad en die see kan uitkyk. Asemrowende uitsig, dink hy by homself.

Hy probeer om sy liggaam te kalmeer maar sy ereksie druk met geweld teen sy broek vas. As hy dalk lank genoeg hier staan sal sy hormone kalmeer, dink hy paniekerig. Na ’n paar minute gee Emma vir hom ’n beker koffie aan en hulle gaan sit op die bank wat voor die venster staan. Daar heers ’n stilte tussen hulle. Ietwat ongemaklik, want wat sopas in die kombuis gebeur het, het hulle altwee onkant gevang. Die res van die aand gesels hulle oor hulle kinderdae en leer mekaar beter ken. Heelwat later staan Stiaan op om huis toe te gaan. Hy kan nie meer so sukkel om homself te beheer nie. Hy moet nou loop en ’n koue stort gaan vat om hom te kalmeer. Emma vergesel hom na die hysbak en hy gee haar ’n ligte soen op die voorkop.

“Sien ek jou môre weer?” vra hy terwyl hy diep in Emma se oë kyk.

“Ja beslis” antwoord Emma sonder huiwering.

“Goed dan, kry jou môre oggend weer by die bankie” sê Stiaan en laat sy vinger oor Emma se wang gly. Dit is soos ’n elekstriese koord wat oor haar gesig getrek word, soos die vonke deur haar spoel.

“Nag Stiaan” sê Emma sag en kyk hoe die hysbak se deure agter hom toeskuif. Met jelly bene vorder sy tot by die naaste stoel en sak daarin neer. Sy vryf met haar vinger liggies oor haar lippe en wonder oor wat die dag van môre sal inhou. Tevrede gaan slaap sy.

Continue Reading Next Chapter
Further Recommendations

georgia: Ah! i read this in a couple of hours i couldn’t put it down!! i loved it as much as i loved the other stories. took me a second to remember all the names again and their back stories but when i did, the story became that much more whole. i would say there are a few sentences here and there that d...

remydoyle6: I loved how they got married in the end I wish it was longer. I didn’t like how stupid and blind he was. I would recommend this book to anyone who loves Romance. I wish it was longer. Overall it was a great read. Keep up the great stories.

Fiona Walker: Absolutely bloody loved it. A very well written slow burn romance that will I think, be continued in subsequent books. It leads nicely into the next one

Annigrace: Ok the novel is great

RGXD: I'm loving this book so far. One thing I would've done to make it better was to add povs. I understand that every writer has their own writing style but just a polite suggestion. Loving the book though. I love this writer. Keep it up! 💖

Leanna: I like the 4 kinghts. I would recommend it to my friends.

dicipulo52: Historia bella con muchos matices y claro sexo gracias por escribir ❤️💕💕💋💋

More Recommendations

honeygirlphx: Loved it can’t stop reading these books! Great writing

Keona: I absolutely love this so far

Bamalady78: I have absolutely nothing but praise for this story. Each book draws you in to the newest couple while still continuing the past couples storyline. Absolutely brilliant work of art.

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.