Write a Review

Hannelie

All Rights Reserved ©

Summary

Hannelie word deur haar man mishandel. Een aand val hy oor sy eie voete en kapsy kop teen die hoek van die koffie tafel. Toe Hannelie sien hy is so uit soos 'n kers gryp sy haar klere en vlug. Net so duskant Excelsior is sy egter in 'n lelike ongeluk waarna sy geheueverlies het. Haar geheue kom egter terug toe haar man haar daar kom soek maar nie honderd persent herken nie. Sy skep 'n nuwe lewe in Somerset Wes waar sy liefde ook vind.

Status:
Complete
Chapters:
9
Rating:
n/a
Age Rating:
18+

HOOFSTUK 1

Hannelie is besig om die tuin nat te spuit. Dit is ’n baie warm dag en die son brand genadeloos op die struike in die tuin neer. Die reuk van water op die nat grond vul haar neusgate. Amper net soos wanneer dit klaar gereën het. Hier, in die tuin, kan sy ten minste vir ’n rukkie alleen wees. Sy wip soos wat sy skrik toe ’n stem skielik hier agter haar praat.

“Môre sê buurvrou” groet Hannes. “Wat skrik jy so?”

“Jy bekruip my dan” sê Hannelie onhuts.

“Ek is jammer as ek jou laat skrik het. Ek het dit nie so bedoel nie. Jy is net so ingedagte dat jy my nie eers hoor aankom nie.”

“Ja, dis so rustig hier in die tuin. Dis ook al plek waar ek ’n paar minute alleen kan wees.”

“Ja die weer is lekker warm deesdae” gesels Hannes saam.

Hannes sien die gordyn in die sitkamer se venster agter Hannelie beweeg.

Sagter sê hy vir Hannelie ”hy loer alweer vir ons. Ek loop eerder voor jy weer in die moeilikheid beland” sê Hannes en maak hom uit die voete.

Hannes het geen ooghare vir Hannelie se man, Johan nie. Die mismaaksel pik op sy vrou in plaas daarvan om teen sy eie portuur te baklei. Hy is ’n regte boelie.

Na ’n halfuur rol Hannelie die tuinslang op en bêre dit in die motorhuis. Sy loop in die huis in en sien Johan staan in die kombuis vir haar en wag. Hy staan alreeds met ’n bier in die hand en dit is skaars na twaalf uur die middag. Sy wonder die hoeveelste een is dit nou al. Sy hoop nie hy is weer in een van sy buie nie, maar toe hy praat, toe weet sy dat hy wel is.

“Wat koer jy weer so met die buurman?”

“Johan ek het jou al hoeveel keer gesê ek koer nie met Hannes nie. Hy het net gegroet.”

“Gmf” snork Johan. “Dis nie hoe dit vir my gelyk het nie. Jy hoer alweer rond.”

“Ag, wat ookal” snou Hannelie hom toe en loop badkamer toe om haar hande te gaan was.

Sy het tog nie lus om met Johan te argumenteer nie, want maak nie saak wat sy sê nie, sy kan nooit wen nie.

“Ek is nog nie klaar met jou nie!” skree Johan agter haar in die gang af. Sy ignoreer hom en loop aan. Hy storm op haar af, gryp haar aan haar lang poniestert en ruk haar tot stilstand.

“Los my uit! Jy maak my seer!” skree Hannelie.

“Ek sal jou los wanneer ek wil!” sis Johan by haar oor. “Jy soek my die laaste paar dae weer. Ek sal jou in lyn kry” sê hy terwyl hy haar na die slaapkamer toe dwing.

Sy steek voor hom in die gang vas in ’n poging om haar teë te sit. Hy is egter baie langer as sy. Hy sit sy arm om haar middel, lig haar op en dra haar slaapkamer toe. Hy gooi haar hardhandig op die bed neer. Hy slaan die slaapkamer se deur met mening toe.

Hannelie begin huil. Sy sit regop op die bed.

“Asseblief Johan moet my nie seermaak nie” smeek sy.

“Nee Hannelie, ek maak jou nie seer nie. Ek bring jou net in lyn” sê hy terwyl hy haar hard deur haar gesig klap.

Haar wang brand waar die klap geland het. Hy dwing haar plat op die bed neer met sy lyf en druk haar arms weerskante aan die kant van haar kop vas. Hy probeer haar soen, maar sy ruk haar gesig weg.

“Hou stil! Jy is my vrou en ek verwag van jou om jou huwelikspligte in die slaapkamer na te kom, as, en of wanneer ek dit wil hê” sê hy by haar oor.

Hy lê met sy volle gewig op haar sodat sy nie kan beweeg nie. Met sy een groot hand vat hy altwee haar hande vas bo haar kop. Met die ander hand lug hy haar T-hemp op en soen haar borste.

“Nee, nee! Ek wil nie!” spartel sy. Johan byt haar egter hard op haar een bors en sy krimp ineen van die pyn.

“Hoe minder jy spartel, hoe minder sal jy seerkry” sê hy sadisties.

Met sy een hand maak hy sy lyfband los en trek dit uit die lussies van sy broek uit. In ’n oogwenk gooi hy vir Hannelie om op haar maag. Hy vat sy lyfband in sy regterhand en kom regop. Hy slaan haar hard oor haar boude met die lyfband.

“Eina!” huil Hannelie.

“Jy wil mos nie luister nie. Dan sal ek jou pakslae gee, soos vir ’n kind” sê Johan terwyl hy haar weer oor haar boude slaan.

Hy sit die lyfband neer en ruk Hannelie se klere met mening van haar lyf af. Hy vat weer die lyfband en slaan haar die keer ’n paar houe oor haar rug. Dit is so seer dat Hannelie snak na haar asem en nie ’n geluid kan uitkry nie. Net die trane stroom oor haar wange soos die houe op haar lyf brand. Sy sit haar nie meer teë nie, want anders verwurg hy haar dalk nog met die lyfband. Hy kry weer haar arms beet en bind haar hande met die lyfband aan die kopstuk van die bed vas.

“Jy wil mos nie saamwerk nie” sê hy terwyl hy sy broek losmaak.

Hy lig Hannelie aan haar heupe op sodat sy op haar knieë moet staan.

“Ek is jou man en ek sal met jou maak nes ek wil” sê hy agter haar.

Sy weet wat kom en druk haar gesig in die kussing in om haar gille te smoor. Hy haal sy groot, stywe penis uit, kry haar aan haar heupe beet en slaan dit sonder enige huiwering diep binne in Hannelie se vroulikheid in. Sy gil in die kussing in soos die pyn deur haar liggaam trek. Hy slaan sy groot penis weer en weer, harder en harder in haar in tot hy sy klimaks bereik.

“Aaaa! Sien, dit was nie so erg nie” sê hy sadisties terwyl hy sy broek optrek en vasmaak.

Hy maak die lyfband om Hannelie se gewrigte los. Sy sak op haar sy op die bed neer en trek haar knieë op in die hoop om die pyn wat sy nog het, te probeer demp.

“Hou op huil soos ’n klein dogtertjie!” skree Johan weer en slaan haar hard oor die kant van haar lyf met die lyfband. Hy loop by die slaapkamer uit en los vir Hannelie net daar. Hy slaan die deur so hard toe dat die vensters skoon ratel.

Hannes maak asof hy in sy motorhuis besig is, maar intussen hoor hy hoe Johan weer vir Hannelie verniel. Hy kry die vrou so jammer, maar sy hande is afgekap. Al wat hy kan doen, is om die polisie te bel, maar met die vorige kere wou Hannelie nie ’n klag teen Johan lê nie, so dan help dit ook niks nie. Hy wens net sy wil van die man af wegkom. Maar die besluit lê nog altyd by haar. Hy eis vir die dag wat dit dalk te laat gaan wees en Hannelie nie ’n aanval soos vandag sal oorleef nie.

Hannes se vrou, Erika kom staan by hom.

“Ek weet jy is besig om niks te doen hier in die motorhuis nie. Jy staan en luister wat langsaan aangaan. En ek weet ook dat jy graag vir Hannelie wil help. Hoeveel keer het ek nie al vir haar gesê om na ons toe te kom as Johan so hardhandig raak met haar nie. Ek voel net so jammer vir haar. Sy verdien nie om so ’n lewe te lei nie. Ek sal kyk of ek haar nie een dag in die week kan alleen kry en haar weer probeer oortuig om na die tehuis te gaan vir beskerming nie. Kom, ek het vir ons koffie gemaak” sê Erika terwyl sy vir Hannes aan sy arm kombuis se kant toe trek.

“Ek kan nie verstaan hoekom sy nog by hom bly nie.”

“Dis Stockholm sindroom my man. Ek het dit mos al aan jou verduidelik.”

“Ja, maar sy het nog ’n keuse. Sy het ’n goeie werk, en as sy regtig wil, kan sy op haar eie voete staan. Hoekom bly sy nog by hom?” vra hy moedeloos.

Erika trek net haar skouers op.

“Ons het al gepraat my lief, ons moet net hoop en bid dit raak nie so erg dat dit op moord uitloop nie” sê Erika ook radeloos.

Intussen het Hannelie opgestaan en na die badkamer toe gesukkel. Sy het op die toilet gaan sit tot die meeste pyn verby is. Sy draai die bad se krane oop en wag tot die bad vol water is. Die warm water bring gewoonlik verligting as Johan haar so hardhandig behandel het. Sy sien klaar hoe lê die blou hale op haar polse. En toe sy in die spieêl kyk, sien sy hoe lê die handmerk nog op haar wang. Dit is nou geswel en opgehewe soos sy vingers haar wang getref het.

Dit gaan verseker teen môre blou wees. Sy sal weer haar merke moet wegsteek as sy maandag terug gaan werk toe. Sy sak met ’n sug in die warm water in. Die merk oor haar lyf waar die belt haar die laaste keer getref het, brand nou in die water. Sy is so moeg om hierdie mishandeling dag na dag te moet verduur. Maar waarheen kan sy gaan, waar Johan haar nie weer sal uitsnuffel nie. En as sy dit waag om weg te loop, sal hy haar verseker dood maak. Hy het haar die vorige keer uitgesnuffel en gedreig dit is die laaste keer dat sy dit moet waag, anders maak hy haar dood. As hy haar nie kan hê as vrou nie, sal niemand anders nie, het hy gesê.

Toe Hannelie seer en styf uit die bad klim, trek sy sommer haar nagklere aan en klim in die bed, al is dit nou eers laatmiddag. Die huis is stil, wat beteken dat Johan seker weer by een of ander kroeg gaan sit en drink het. Hopelik is hy so besope as hy by die huis kom, dat hy op die eerste en beste bank sal uitpaas en haar uitlos.

Dit is hier in die vroeë oggendure wat Hannelie ’n geskuifel in die huis hoor en sy neem aan dis Johan wat by die huis gekom het. Die volgende oggend toe sy kombuis toe loop om vir haar te gaan koffie maak, sien sy vir Johan waar hy op een van die sitkamer banke uitgepaas het. Sy los die monster om sy roes af te slaap.

Continue Reading Next Chapter
Further Recommendations

georgia: Ah! i read this in a couple of hours i couldn’t put it down!! i loved it as much as i loved the other stories. took me a second to remember all the names again and their back stories but when i did, the story became that much more whole. i would say there are a few sentences here and there that d...

remydoyle6: I loved how they got married in the end I wish it was longer. I didn’t like how stupid and blind he was. I would recommend this book to anyone who loves Romance. I wish it was longer. Overall it was a great read. Keep up the great stories.

Fiona Walker: Absolutely bloody loved it. A very well written slow burn romance that will I think, be continued in subsequent books. It leads nicely into the next one

Annigrace: Ok the novel is great

RGXD: I'm loving this book so far. One thing I would've done to make it better was to add povs. I understand that every writer has their own writing style but just a polite suggestion. Loving the book though. I love this writer. Keep it up! 💖

Leanna: I like the 4 kinghts. I would recommend it to my friends.

dicipulo52: Historia bella con muchos matices y claro sexo gracias por escribir ❤️💕💕💋💋

More Recommendations

honeygirlphx: Loved it can’t stop reading these books! Great writing

Keona: I absolutely love this so far

Bamalady78: I have absolutely nothing but praise for this story. Each book draws you in to the newest couple while still continuing the past couples storyline. Absolutely brilliant work of art.

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.