Write a Review

Wie is jy Pieter

All Rights Reserved ©

Summary

Pieter word die oggend wakker met bloed op sy klere en hy kan nie onthou hoe hy die bloed op hom gekry het nie, maar daar is meisies wat in die stad vermoor word. Pieter lei aan 'n gesplete persoonlikheid wat deur 'n sielkudige behandel word. Sy broer spat egter die sielkundige nat sonder om te weet dit is sy. Volg die intrige van Pieter, Melanie en Dewald se storie.

Status:
Complete
Chapters:
9
Rating:
n/a
Age Rating:
18+

HOOFSTUK 1

Pieter is besig om aan te trek om te gaan werk, toe daar ’n nuusberig op die televisie verskyn. Die aanbieder staan by Pretoria se maksimum gevangenis. “Daar word berig dat die gevangenes mekaar aangeval het. Dit wil voorkom of daar ’n magstryd tussen twee groepe was om te kyk wie die opperhand gaan kry. In die bakleiery het van die gevangenes mekaar aangeval en van hulle is met skerp voorwerpe gesteek. Die twee hoof leiers van die een groep, ’n ene Steven Trollip en Daan Malherbe, was onder hulle wat gesterf het. Trollip is op die toneel dood en sy makker een uur later in die gevangenis se hospitaal.”

Pieter draai om en kyk na die beeld op die televisie. Die foto van die man wat na hom staar, is die gesig van sy stiefpa. Hy versteen. Die gesig het verouder, maar daardie mal oë sal Pieter nooit in sy lewe vergeet nie. Skielik flits sy kinderjare deur sy gedagtes. Die pyn en leiding wat daardie duiwel in sy jong lewe veroorsaak het, wens hy geen kind toe nie. Hy is uiteindelik vry, dink hy. Die monster wat sy menswees verpletter het, is nou dood. Nou kan hy sy verlede saam met hierdie duiwel begrawe. Of so het hy gedink. Pieter gryp sy selfoon en bel dadelik vir Dewald.

“Hallo Pieter” antwoord Dewald sy selfoon ietwat kortaf.

“Hallo Dewald, ons het iets om te vier. Daai vark van ’n stiefpa van my is dood!” gil Pieter dit uit.

“Stadig nou Pieter, waarvan praat jy?” vra Dewald verward.

“Daar was nou net ’n berig op die televisie dat daar oproer in die gevangenis was waar hy in aanhouding was en hy is dood gesteek in ’n bakleiery wat uitgebreek het. Ek is vry!” gil Pieter weer. “Sal ons vanaand ’n bier gaan drink om dit te vier?”

Hy klink soos ’n kind wat ’n baie groot geskenk gekry het.

“Ek is baie besig, ek sal kyk of ek kan tyd afknyp vir dit. Daar is baie druk op my om die voorlegging en die planne so gou as moontlik reg te hê. Ek sal jou later deur die dag laat weet of ek dit kan maak, maar ek twyfel. Gaan jy maar as ek nie by jou uitkom nie, en geniet een vir my part ook” sê Dewald wat nie mooi kan verstaan hoekom Pieter so bly is iemand is dood nie.

“Dis reg, ek sal een vir jou part ook drink” sê Pieter opgewonde.

Later deur die dag kry Pieter ’n oproep van die gevangenis af. “Goeie dag, dit is offisier Malan hier, praat ek met Pieter Fourie?”

“Ja dis reg.”

“Jou stiefpa is vanoggend oorlede. Ons het sy persoonlike items uit sy sel uit verwyder. Daar is ook ’n brief aan jou nagelaat. Kan jy dit asseblief kom haal?”

“Ek wil niks van hom hê nie!” sê Pieter driftig.

“Meneer Fourie, as jy nie die brief lees nie, kan jy nooit berusting vind nie. Kom haal dit asseblief” pleit Malan.

“Goed, ek sal sien wat ek kan doen, totsiens” groet Pieter en druk summier sy selfoon dood.

Hy handel al sy afsprake vir die dag af en ry halfhartig na die gevangenis toe. Hy gaan in by die ontvangsarea en vra vir Offiesier Malan. “Offisier Malan is nie nou beskik baar nie. Is jy Pieter Fourie?” vra die wag.

“Ja.”

Sonder ’n woord verder oorhandig die wag aan Pieter ’n skoenboks. Pieter groet net met sy hand en loop na sy motor toe. Hy gaan staan by ’n asblik in die parkeer area en maak die boks oop. Daar is ’n ou waslap, tandeborsel en tandepasta in die boks. “Ag nee sies man!” kla Pieter. Die gooi hy sommer dadelik in die asblik. Dan is daar ’n pen en skryf papier in. Die gooi Pieter ook weg. Onder in die boks lê daar ’n ou foto van sy ma en ’n koevert met sy naam op. Hy skeur die foto van sy ma op en gooi dit in die asblik. Hy wil die brief ook weggooi maar maak die boks toe en loop na sy motor toe. Hy sluit die deur oop en klim in. Hy haal die koevert uit. Sy hande bewe toe hy die koevert oopmaak en die briefie uithaal. Die briefie lees :

Hi daar Pietertjie,

As jy die briefie lees het ek heel waarskynlik iets oorgekom.Dit is net jammer ek kon jou nie ’n laaste keer vasdruk en jou poepholletjie weer proe nie. Ek het baie aande gelê en wonder of jy dit nou sal geniet, nou dat jy volwasse is.Jy was dan altyd so ’n klein pisgat toe jy ’n kind was, en ek het gehoop nadat ek jou verkrag het, dat jy darem in ’n man sal verander as jy grootword.

En as ek jou klaar verkrag het, sou ek jou keel vir jou van oor tot oor afgesny het, net soos ek jou mammie s’n destyds afgesny het.Ek is net jammer dat jy daardie dag weggekom het, anders was jy saam met jou ma in haar graf in. Maar die dood het my voorgespring .Ek sou volgende jaar vrygelaat geword het vir goeie gedrag. Dan sou ek jou kom soek het.

So tot wederom Pietertjie. Sien jou aan die anderkant, of sal ek sê onderkant (hel).

Met wellustige liefde

Steven

“Jou bliksem!!” gil Pieter dit uit terwyl hy met sy hande op die stuurwiel slaan. “Die grappie is op jou, jy is dood en ek lewe nog” praat hy met homself. Hy vrommel die briefie op en gooi dit op die vloer aan die passasierskant in sy motor neer. “Ek gaan vanaand ’n bier drink om jou dood te vier, jou verdomde gemors!”

Laatmiddag stop Pieter by die kroeg en gaan drink sy bier soos hy vroeër beplan het. Maar wat later daardie nag en die volgende paar nagte gebeur sal altyd ’n raaisel bly. Veral vir hom wat Pieter is.

Dewald is diep bekommerd oor Pieter die laaste paar dae. Dit lyk of die nuus van sy stiefpa se dood meer aan hom gevat het as wat Dewald aanvanklik gedink het. Pieter is humerig en vol nukke. Hy bly tot laat in die aand uit en as Dewald al oppad kantoor toe is, lê Pieter nog en slaap. Dewald het hom gehoor toe hy weer in die vroeë oggend ure in gekom het. Hy hoop nie die selfde het weer gebeur as die vorige twee aande nie.

Toe Dewald na sy kamer toe loop om hom te gaan wakker maak, is dit weer net bloed waar jy kyk. “Pieter, word wakker!!” roep Dewald hom van ’n afstand af. Hy wil nie aan hom vat nie, want hy weet nie waste bloed op die man se klere is nie, of dit diere of dalk mens bloed is nie. “Pieter, word wakker!” probeer hy weer, maar geen reaksie nie.

“Ag verdomp man!” sê Dewald naderhand moedeloos en gaan haal die besem in die kombuis. Hy vat die agterkant van die besemstok en pomp vir Pieter in die ribbes waar hy op sy bed lê. Uiteindelik, na nog ’n paar stampe, word hy uit sy beswyming wakker.

“Huh... wat... huh uh... wat soek jy?” mompel hy deurmekaar terwyl hy na die besemstok klap wat hom nou so flussies nog in die ribbes gepomp het.

“Kyk hoe lyk jy alweer. Waar was jy? Dit is nou al die derde keer in drie aande wat jy so bebloed by die huis aankom en elke keer is daar meer bloed op jou. Gaan jag jy in die donker of wat?” vra Dewald benoud.

Pieter kom op sy voete en kyk met afgryse na sy klere en hande. “Wat... waar... hoekom...” stotter hy weer toe hy afkyk na sy hande en klere. “Ek kan niks onthou nie. Al wat ek kan onthou is dat ek na werk by die kroeg gestop het om ’n bier te drink. Daarna is alles swart. Ek weet nie eers hoe ek by die huis gekom het nie. Dieselfde as die vorige paar aande. Dewald, wat is aan die gang? Jy dink seker nie ek het iemand vermoor nie? Is ek besig om mal te word?” vra hy bang.

“Nee Pieter, ek weet nie waar die bloed vandaan kom nie. As dit nie jou eie bloed is nie, dan weet ek nie. Ons is hier in ’n yslike groot stad met duisende mense. As jy self nie kan onthou nie, hoe sal ek weet waar jy was” sê Dewald simpatiek toe hy die paniek in Pieter se oë sien.

Pieter ruk sy klere met mening van sy lyf af en hardloop na die badkamer toe. Hy draai die water van die stort oop. “Ek gaan werk toe. Ek sal later met jou gesels” groet Dewald kopskuddend wat alreeds laat hardloop. Pieter hoor hom skaars. Wat gaan aan met hom dat hy nie kan onthou wat die nag van tevore met hom gebeur het nie? Waar was hy en wat het hy gedoen dat hy so bebloed by die huis aangekom het? Paniekerig klim Pieter in die stort en begin sy lyf te skrop om van al die bloed ontslae te raak.

Dewald is baie ingedagte oor wat met Pieter aan die gebeur is en konsentreer nie wat op die pad voor hom gebeur nie. Dit rëen ook nog op die koop toe vanoggend, wat die sigbaarheid nog verder belemmer. Die motor voor hom trap rem en hy sien ewe skielik die rooi ligte van die stilstaande voertuig voor hom. Hy ruk sy stuurwiel na links om ’n botsing te voorkom. Daar lê egter ’n groot plas water aan die kant van die pad en met die dat hy die motor voor hom vermy, tref hy die poel water en spat hy ’n voetganger wat op die sypaadjie loop, ’n vrou, sop nat.

Melanie word so onverwags deur die vlaag yskoue water getref, dat sy sommer na haar asem snak. In die proses laat val sy haar koffie wat sy sopas by die koffiewinkel gekoop het. Wat help dit jy loop met ’n sambreel en jy word deur ’n motoris sopnat gespat, dink sy vies.

“Jou dom stommerik! Blerrie padvark!” skree sy agterna.

Dewald kyk in haar rigting terwyl hy om die hoek gaan. Sy is voorwaar ’n baie besonderse mooi vrou, dink hy. Hy het egter nie tyd om te stop nie en daar is ook nou verskeie motors agter hom. Hy wens hy kon stop om haar omverskoning te vra. Maar hy is alreeds laat en haas hom in die nat weer tot by sy kantore.

Gelukkig is Melanie nie ver van haar kantoor af nie en loop al hoe swetsend daarheen. Sy het ’n stel skoon klere in haar kantoor, wat sy daar hou ingeval sy dit nodig kry. Soos in ’n geval soos vanoggend se fiasko. Sy hoop van harte daardie ou kry ’n helse kramp in sy gat. Sy sal moet wikkel as sy wil skoon en droog aantrek, voor haar eerste afspraak vanoggend. Toe sy in haar kantoor instap, kyk haar persoonlike assistent haar met groot oë aan. “More Melanie, wat op aarde het met jou gebeur?” “Een of ander padvark het my sopnat gespat met reënwater wat langs die sypaadjie in die pad gelê het. Die vark het nie eers probeer jammer sê nie. Ek gaan droog aantrek. Maak asseblief vir my koffie, ek het myne in die natspat proses laat val” vra Melanie. “Ek bring vir jou” antwoord Estelle terwyl sy vir Melanie ’n handdoek aangee wat sy vinnig in die badkamer gaan haal het.

Melanie is sommer baie vies vir die simpel man. Maar sy moet haar gemoed kalmeer as sy haar eerste pasiënt vanoggend wil help en moed in praat. Sy is ’n sielkundige en het nodig om vol selfvertroue en selfbeheersing voor te kom. Sy kan nie dat hierdie simpel insident van vanoggend haar hele dag omkrap nie. Sy trek haar nat klere uit en droog haarself met die handdoek af. Tot haar skoene het water in. Ag nee man, wat het sy dan gedoen om dit te verdien, dink sy vies. Toe sy droog aangetrek is en Estelle haar koffie vir haar gegee het, is sy reg vir haar eerste afspraak. Sy sal die nat klere later huistoe neem en gaan was. Vir eers moet Estelle dit in die badkamer hang tot hulle vanmiddag huistoe gaan.

Dewald waai intussen soos ’n warrelwind by sy kantoor in. Sy vennoot Zander kyk hom verbaas aan.

“Môre Dewald, hoe val jy vanmôre so met die deur in die kantoor in?” vra hy besorgd.

“Pieter het al weer een van sy episodes gehad. Ek weet nie meer watter kant toe met hom nie.”

“Ek sal nou vir Lisa bel en vir haar vra om vir my daardie sielkundige se nommer te gee waarna sy van haar pasiënte toe verwys. Blykbaar weet die vrou wat sy doen. Lisa het al verskeie van die pasiënte wat trauma ervaar het of probeer selfmoord pleeg het, na haar toe verwys, en dan later terugvoer gekry dat hulle gemoedstoestande baie verbeter het nadat hulle by die ene Doktor Beneke was.”

“Ek sal dit baie waardeer. Ek dink Pieter sal na hierdie laaste episode dringend by iemand moet uitkom. Hoe verloor jy jouself so dat jy vol bloed die volgende oggend by die huis wakker word en nie kan onthou wat jy gedoen het, en waar jy was nie” sê Dewald bekommerd.

“Ja nee dis nogal angswekkend.”

“En op die koop toe het ek seker een van die mooiste vrouens in die stad water sop nat gespat toe ek uitswaai vir ’n motor wat skielik voor my gestop het. Ek kon toe nie stop om omverskoning te vra nie want ek was klaar laat en het ’n string motors agter my gehad. Die arme vrou. Ek is seker sy vloek my vir die res van die dag” voeg Dewald by.

“Jy, wat altyd so ’n gawe heer is, doen sulke lelike dinge aan ’n dame, skaam jou!” mok Zander hom.

Dewald trek sy skouers op en sê “ek sal volgende keer omverskoning vra, as ek haar ooit weer in hierdie groot stad raakloop.”

Pieter luister die hele oggend na die nuusberigte om te probeer uitvind of daar iemand iewers gekry is wat onder geheimsinnige omstandighede vermoor of aangeval is, maar hy hoor niks nie. Hy het al die hele oggend probeer dink wat gisteraand kon gebeur het, maar alles bly nog steeds swart. Hy gaan aan met sy werk en probeer gisteraand vir eers vergeet. Hy is baie besig nadat die weerlig vanoggend so swaar was en baie van die elektriese toebehore in die stad geklits het.

Hy werk as ’n tegnikus wat na elektriese toestelle en rekenaars kyk as daar iets fout gaan. Hy is weer besig by die Stadsbeplanning kantore vanoggend. Om een of ander rede het hulle die afgelope tyd baie probleme met hulle rekenaars wat van lyn af gaan vir die geringste swaar weer. En natuurlik hou hy daarvan om hier te kom werk want dit is hier waar daar so baie mooi meisies in een kantoor werk. Hy is maar bietjie plomp en is nie so mooi soos ’n model nie. Hulle almal is so vriendelik en glimlag so mooi vir hom as hy hulle probleme uitsorteer. Maar vanoggend is daar ’n somber atmosfeer in die kantoor. Van die meisies huil en ander dwaal geskok daar rond.

Pieter dink hy moet vir een van die meisies vra wat verkeerd is. Toe hy een van hulle eenkant kry, vra hy “Tracey, wat is aan die gang. Hoekom lyk julle almal so hartseer vanoggend?”

“Ons het netnou gehoor dat een van die meisies wat op die tweede vloer werk, in haar woonstel vermoor is. Jy het haar ook seker al gehelp. Sy was die meisie wat al die kliënte se lêers altyd op datum gehou het. Haar naam was Michelle” antwoord Tracey met trane in haar oë.

Pieter deins terug toe hy dit hoor en sê geskok ”ek is jammer om dit te hoor. Ja ek onthou haar. Die een met die blonde hare. Weet hulle wie dit kon wees? Het iemand dalk die persoon gesien wat dit gedoen het?” vra hy gemaak besorg om sy eie paniekerigheid te verberg.

“Nee, niemand het haar eers hoor gil nie. Toe haar woonstelmaat vanoggend in die kombuis kom, het sy in ’n plas bloed op die vloer gelê. Haar keel was afgesny. Hulle vermoed sy moes die moordenaar geken het” sê Tracey en draai weg van Pieter af.

Pieter voel skielik duiselig. Hy sak op die eerste moontlike stoel neer. Wat as dit hy was wat die meisie vermoor het. As die bloed op sy klere hare is. Hy sal so gou moontlik van die klere moet ontslae raak. Hy sal dit verbrand, dink hy. Hy hoop ook nie hy het dalk leidrade agter gelos, as dit hy was wat haar vermoor het nie. Hy moet vlug. Hy gryp sy tas en hardloop by die trappe af. Hy moet wegkom, uit die gebou uit en weg van mense af. Hy hardloop na sy motor toe, spring in en jaag weg na sy woonstel toe.

Hy bel paniekbevange vir Dewald toe hy in die veiligheid van sy kamer sit.

“Daar is ’n meisie vermoor!” skree hy amper in Dewald se ore.

“Stadig nou Pieter. Begin by die begin. Wat het gebeur?”

“Ek was by die stadsbeplanning se kantore besig om hulle rekenaars uit te sorteer toe ek sien die meisies is ongelukkig. Ek vra toe vir Tracey wat gaan aan. Sy vertel vir my dat daar gisteraand ’n meisie wat op die tweede vloer werk, in haar woonstel vermoor is” sê Pieter amper histeries.

“Pieter kalmeer. Het iemand jou uitgewys as die moordenaar? Die polisie het jou nog nie kom soek nie en hulle het nie enige bewyse dat dit jy was nie.”

“Nee, hulle sê niemand het niks gesien nie. Maar hoe verklaar jy die bloed wat op my was vanoggend toe ek wakker word. Wie sê dit was nie ek wat dit gedoen het nie?” huil Pieter amper.

“As die polisie nie vrae vra binne die volgende vier en twintig uur nie, dan is dit mos nie jy nie. Jy kan niks onthou nie. Dalk is die bloed van ’n dier of iets wat jy dalk raak gery het.

“Maar daar is niks skade aan my motor nie.”

“Ek weet nie Pieter, moet nou nie paniekerig raak en onnodige aandag trek nie. Ek stuur vir jou die nommer wat Lisa vir my gegee het. Dit is ’n Doktor Beneke. Maak ’n afspraak met haar sodat jy met iemand professioneel oor hierdie insidente kan praat. Kalmeer nou eers. Jy is nie gearresteer nie en jy word vir nou van niks verdink nie. Maak die afspraak en kry die regte hulp voor daar dalk iets gebeur wat jou in die tronk laat beland” sê Dewald ferm.

“Okei, ek sal ’n afspraak maak. Dankie boet” sê Pieter nou meer bedaard.

Continue Reading Next Chapter
Further Recommendations

corinneparent7: Qu elle et des prinsipe j aime les histoire de loup l intrigue

Plume: A really surprising story, well written it's nice

Ella: I absolutely love this book. If I could, I would recommend this book to everyone. I loved the plot, and the character development. All in all, it was an awesome book, and I can’t wait to read more by the author! This book was so beautifully written and moved me and made me feel so much emotions. ...

D: J'ai adorée cette histoire que j'ai lu d'un trais bravo ci je peut juste me permettre une critique qui de mon point de vue ne les pas bref c'était trop court j'aurais aimais plus la rencontré de la meute, la confrontation avec alfa qui lui a fait du mal à 9ans etc..... je vous remercie et vous en...

Kaari: I love the fact that these don't have to be long stories to really get involved with the story and the characters.

Kaari: OMG the drama! Twists turn and plots seasoned with well written steamy scenes between multiple couples. I'm seriously obsessed

Lisa: I love the story line so far but there needs to be a hit more background on the characters.

LoadingLemon: really enjoying the plot right now can’t wait to keep reading

CROCNOIR: L'intrigue est on ne peut plus original et très bien rédigé, bien détaillé donc on se plonge dedans très facilement ! Perso j'aime beaucoup et j'ai hâte de voir la suite !! 😉

More Recommendations

kharris370: Entertaining

Ayisha Bhandari: I really loved it one of the best on inkitt❤️

Kaela: I love the blind Alpha and I am so happy they are second chance mates now. They deserved it. Wonderful plot and good writing!

Tesorito: Me gustó mucho esta historia...

Nopichic19 : I like the story and the plot, I think they should have explored Maya’s home life and rejection a little more before she was able to move on. There are some sentences that aren’t structured right but not enough to cause confusion. Overall lovely story.

Susanne Moore: Ugh I hate those bad and selfish people. Can't wait until they all get there butt kicked

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.