HOOFSTUK 2
Om sy senuwees te kalmeer gaan Pieter die aand na dieselfde kroeg toe waar hy die vorige paar aande was. Hy het nog nie die moed om die kopdokter te gaan sien nie en bestel vir hom ’n bier, soos gewoonlik. Hy sit en rondkyk na die meisies wat ook in die kroeg is. Daar is baie meisies, maar daar is twee meisies wat sy aandag trek. Hulle is nog jonk, amper te jonk om in so ’n plek uit te hang. Seker weer studente. Die hele dorp is vol van hulle omdat hier ’n universiteit en kollege in Pretoria is. Een van die meisies wys na hom en fluister iets vir haar maat agter haar hand. Die twee giggel en hulle kyk vir Pieter. Pieter word kwaad. Hy kan sien hulle mok hom.
Ewe skielik hoor hy ’n stem in sy kop wat sê “sy lag vir jou! Sy dink jy is lelik, net soos ma altyd gesê het”. Pieter sit dood stil. Hy loer oor sy skouer, maar daar is niemand wat naby hom sit, wat in sy oor kon gefluister het nie. In elk geval klink dit soos binne sy kop, nie by sy oor nie. Hy verbeel hom seker. Dalk dink hy net hardop. Hy vat weer ’n sluk van sy bier. Stilte. Net die normale geraas van die kroeg klink in sy ore op. Na nog ’n sluk of twee praat die stem weer en sê “kom, ek en jy moet haar ’n les gaan leer!“ Nou raak Pieter bang vir homself. Maar voor hy iets kan doen, neem ’n ander Pieter oor en die oorspronlike Pieter is doofstom in sy eie liggaam. Pieter sien die meisies loop by die deur uit. Hy staan op en volg hulle na buite, amper soos ’n robot.
Dit het intussen al donker geword buite. Hy loop agter die meisies aan om te kyk waarna toe hulle gaan. Hulle lag en gesels so, dat hulle nie agterkom hulle word agtervolg nie. Hulle neem afskeid van mekaar op die volgende hoek en loop in verskillende rigtings. Pieter volg die een wat agter haar hand iets vir haar maat gesê het. Hy sorg dat hy in die skaduwees bly, sodat sy hom nie moet sien nie. Seker nog so ’n blok verder loop sy by die trappe van ’n woonstel blok op. Hy volg haar. Haar woonstel is baie naby aan die trappe. Pieter staan net om die hoek op die trappe en wag dat sy die deur moet oopsluit. Net toe sy die deur oopgemaak het en in die woonstel inloop, spring Pieter om die hoek en by die deur in. Nog voor sy die deur agter haar behoorlik kan toemaak, stamp Pieter die deur hard oop en stamp die meisie van haar voete af.
Hy maak die deur vinnig toe agter hom. Sy lê op haar maag op die grond. Hy gryp haar aan haar hare vas en met sy een knieg, wat hy in haar rug druk, druk hy haar op die grond vas.
“Nee los my!” skree die meisie.
Hy los haar hare en druk haar mond met sy hand toe.
“As jy skree, dat sny ek jou keel af” sis hy in haar oor. Hy haal sy mes uit sy sak uit en druk die mes se punt teen haar keel.
“Gaan jy saamwerk?”
Sy skud haar kop bevestigend. Hy haal sy knieg uit haar rug uit en ruk haar aan haar arm regop. Hy dwing haar dieper in die woonstel in. Hy maak haar op ’n stoel sit en slaan haar hard teen die kant van haar kop met sy vuis. Sy is so tingerig, dat sy haar bewussyn verloor van die harde vuishou.
Hy soek deur die woonstel en kry net elektriese koorde wat hy gebruik om haar hande en voete vas te bind waar sy op die stoel sit. Hy krap in haar kamer kaste rond. Daar is niks van waarde nie. Hy sien daar is onderklere in die een laai. Hy haal ’n klein g-string uit en ruik daaraan. Hy het geen behoefte om hierdie klein teef te verkrag nie. Hy sit dit terug in die laai. In die volgende laai kry hy ’n paar kouse. Hy haal dit uit en vat dit sitkamer toe. Hy lig die meisie se kop op en druk die kouse in haar mond in sodat sy nie kan gil as sy wakker word nie.
Hy gaan in die kombuis in en tap koue water in ’n beker en gooi haar nat in die gesig sodat sy kan bykom. Die meisie herwin haar bewussyn en toe sy in die waansinnige bruin oë voor haar vaskyk, begin sy te spartel om los te kom. Pieter klap haar egter hard deur die gesig.
“Sit stil en bly stil. Jy wil nie hê ek moet jou buurvrou ook vermoor nie, wil jy?”
Sy skud onkennend haar kop.
“Mooi so, nou vertel bietjie vir my hoekom ek nie goed genoeg is vir jou nie?”
Die meisie staar hom net aan, terwyl trane oor haar wange rol.
“Is ek nie sexy genoeg vir jou nie? Of nie goed genoeg gebou nie. Ek het ’n boeppens, nie ’n ses blokkies maag nie. Ek is vet en wat daarvan!” sê hy spottend terwyl hy sy hemp oplig.
Die meisie kyk hom net hulpeloos aan terwyl sy haar kop skud. “Wel ek het nuus vir jou! Jy is net so lelik. Jy is so maer soos ’n geraamte. Net so ’n slet soos my ma. Sy het altyd vir my gelag agter haar hand as haar vriendinne kom kuier het. My altyd verneder en dan kamer toe gestuur. Altyd gesê ek is so vet soos ’n varkie. Dit is haar skuld dat pappa my so geslaan het as hy dronk was. Dit is haar skuld dat Steven my verkrag het. Ek haat haar! Ek haat jou! Ek haat alle vrouens wat my verneder! As ek nou die kous uit jou mond uithaal, moet jy sê jy is jammer. As jy nie sê jy is jammer nie, gaan ek jou doodmaak” dreig hy weer met die mes naby haar keel. Hy haal die kous versigtig uit die meisie se mond uit.
“Hoekom doen jy dit aan my? Ek het nie baie geld nie. Ek is net ’n student. Wat wil jy van my hê?” vra sy sag.
“Respek en gesag. Aanvaarding vir wie en wat ek is.”
“Maar ek het jou nie sleg gesê nie. Ek het niks lelik van jou gesê nie.”
“Jy het! Jy het alllerhande dinge kwyt geraak teenoor jou vriendin daar in die kroeg. Ek het julle gesien!” skree Pieter en storm verwoed op die meisie af met die mes omhoog. Maar voor sy kan gil, swaai Pieter in die mes en kerf met die lem in haar nek in en hy sny die meisie se keel af. Sy roggel soos die bloed uit haar keel uit spoel.
“Ja mamma nou het jy gekry wat jy verdien” lag Pieter waansinnig terwyl hy ’n vermakerige dansie uitvoer.
Ewe skielik is klein Pieter op die toneel.
“Nee, o nee! Hou op om so te bloei!” huil hy en probeer die bloed met sy hande keer. Hy probeer haar keel toe druk, maar die bloed vloei oor sy hande. Hy kyk met afgryse na sy hande en vee die bloed teen sy broekspype en hemp af.
“Mamma ek is jammer, ek het dit nie bedoel nie. Mamma moet asseblief nie doodgaan nie. Ek is jammer mamma!” smeek hy in ’n piep stemmetjie en probeer weer met sy hande die bloed keer. Maar dit is te laat. Die meisie bloei uit en klein Pieter weet nie wat om te doen nie. Hy staan en rond truppel en huil. Dan neem ouer Pieter weer oor en sê streng “Ja jy wil mos mamma, nou het ek jou daarvoor terug betaal” lag hy skals. Hy vee die bloed van die mes af en sit dit terug in sy sak. Hy loop tot by die woonstel se deur.
Hy maak die deur versigtig oop. Hy loer eers by die deur uit om te kyk of iemand hom nie sien nie. Daar is niemand nie en hy hardloop vinnig by die trappe af. Hy sluip in die donker strate se skaduwees terug na waar sy motor by die kroeg geparkeer staan. Hy spring in en jaag na sy woonstel toe. Hy sluit vinnig die deur oop en hardloop na sy kamer toe en spring op sy bed sodat Dewald hom nie moet sien nie. Daar raak hy aan die slaap soos die vorige aande.
Die volgende oggend is Dewald vroeg wakker. Hy het gehoor Pieter het ingekom, maar hy was besig met nuwe ontwerpe en het hom nie veel aan sy broer gesteur nie. Pieter weet ook as hy besig is in sy studeerkamer, dat hy wat Pieter is, hom nie moet pla nie. Dewald trek aan en kry reg om werk toe te gaan. Hy loop na Pieter se kamer toe. Toe hy die deur oopmaak, skrik hy toe hy sien hoe erg Pieter vanoggend met bloed besmeer is. Sy arms en sy klere is vol. Daar is spatsels in sy gesig. Dit is op sy hemp, sy broek en op sy skoene. Dit is voorwaar die ergste wat hy hom nog gesien het. Hy hardloop badkamer toe en gryp ’n handdoek en vou dit om sy hande.
Hy gryp Pieter aan sy skouers en ruk hom wakker.
“Pieter, wat het jy gedoen! Kyk hoe lyk jy man! Is dit jou bloed? Is jy iewers stukkend op jou lyf?” gil Dewald terwyl hy met geweld Pieter aan sy skouers rond ruk. Pieter skrik wakker en gee ’n benoude gil toe hy sien hoe hy lyk.
“Het jy seer iewers?” vra Dewald weer. Pieter vryf oor sy lyf en sy gesig en kyk na sy hande. Hy is nêrens stukkend nie, maar kyk met afgryse na sy hande wat nog vol bloed is.
“Nee ek is glad nie gewond nie” sê hy terwyl hy oor sy lyf voel.
”Ag nee, nee... dit kan nie weer gebeur het nie!” sanik hy moedeloos.
“Pieter, wat het jy aangevang? Waar was jy gisteraand?”
Pieter skud net sy kop in onkunde.
“Ek weet nie, kan nie onthou nie, weet nie!” roep hy uit.
“Dink nou mooi. Wat het jy gister middag gedoen. Waar het jy orals rond gery? Wat kan jy laaste onthou?” vra Dewald ernstig.
“Fokus vir een minuut en dink!” verloor Dewald dit amper toe Pieter nie dadelik antwoord nie. Hy voel lus en klap Pieter hard en aanhoudend deur die gesig tot hy kan onthou. “Pieter!” sê Dewald nou streng. “Kyk my in die oë en dink!” Pieter kyk op en sê “ek het weer by die kroeg ’n bier gaan drink. En dit is die laaste wat ek kan onthou” sê hy. “Het daar iemand naby jou gesit, wat iets in jou bier gegooi het?” vra Dewald. “Nee ek het alleen by die kroeg gesit” antwoord Pieter. “Daar was twee meisies wat van my gepraat het. Die een het iets vir haar maat gesê en in my rigting gekyk. Hulle het my seker bespreek. Ek weet ek het kwaad geword daaroor en daarna is alles swart. Ek kan niks onthou nie” verduidelik Pieter.
“Jy bly vandag by die huis. Jy gaan nêrens heen voor jy nie met daardie sielkundige gepraat het nie. Al moet ek jou sleutels wegneem, sal ek dit doen. Hoor jy vir my?” raas Dewald.
“Ja... uh ja” antwoord Pieter wat nog na sy hande en klere staar.
“Nee wag, ek gaan self bel en die afspraak maak. En dan gaan ek jou kom haal en self soontoe vat. Hierdie nonsens moet nou ’n einde kry! Verstaan ons mekaar Pieter?” vra hy kwaai.
“Ja ek verstaan. Ek sal hier bly totdat jy my kom haal.”
“Ek gaan in kantoor toe om vir Zander die nuwe ontwerpe te gee. Ek gaan intussen probeer om so gou moontlik ’n afspraak te maak en dan gaan ek jou kom haal. As ek hier kom en jy is nie hier nie, gaan gee ek jou sowaar as die wragtig by die polisie aan. Hoor jy my!” dreig Dewald.
“Ja ek belowe, ek sal hier vir jou wag” sê Pieter en skram weg van Dewald af, wat briesend voor hom staan en lyk of hy om nou enige oomblik ’n klap gaan gee.