HOOFSTUK 1
Anja sleep haar voete die oggend kantoor toe. Sy is al so moeg vir dieselfde roetine elke dag, en dis ’n werk wat haar dood verveel. Die moeg lê sommer diep in haar gemoed vanoggend. Sy is ’n klerk by ’n groot versekerings maatskappy, maar vir die laaste sewe jaar is sy nie bevorder nie en het al begin dood gaan binne, omdat sy elke dag dieselfde ding oor en oor moet doen.
Sy loop traag tot by haar tafel. Sy bêre haar handsak ouder gewoonte in haar laai met haar selfoon bo op haar handsak. Toe sy opkyk, kyk sy alweer in daardie paar bruin oë vas wat haar dag na dag sit en afloer. Sy wens Wouter kry ’n kramp in sy gat. Hy is orig en maak allerande suggestiewe voorstelle aan haar en sy is nou moeg daarvoor. Hy is glad nie haar tiepe nie en sy is moeg vir sy simpelgeit. Hy is nog vet ook en niks om na te kyk nie. Hy het ’n knoets van ’n neus en groot bak ore, wat hom soos een van die snaakse karakters in ’n sprokiesverhaal laat lyk.
Sy gaan sit op haar stoel en begin die papierwerk sorteer sodat sy dit in die liaseer kamer kan gaan liaseer. Alles netjies in alfabetiese volgorde gerangskik, dra sy die hopie liaseerkamer toe. Sy maak die deur oop en plaas haar hopie op die tafel en begin die eerste leêrs trek om die dokumente te liaseer. Sy is so ingedagte, sy hoor nie Wouter sluip agter haar in nie. Sy ruk soos wat sy skrik toe hy ewe skielik hier agter haar praat.
“Hallo mooi ding” fluister hy naby haar oor.
“Ag Wouter wat soek jy hier, kan jy nie sien ek is besig nie?” kla Anja met die hoop om van hom ontslae te raak.
Hy gryp haar egter van agter af om haar lyf vas en skuur sy penis teen haar boude.
“Ek soek jou lyf” fluister hy in haar oor.
Anja vererg haar op die plek en besluit om hom vandag ’n les te leer. Sy vat haar hand en troetel sy penis tussen haar vingers tot sy voel daar is ’n behoorlike ereksie. Hy raak sommer kortasem in haar oor van pure opgewondenheid.
“Jy wil speel, kom ons speel” sê sy uitdagend, verleidelik, en draai om.
Hy maak gulsig sy broek los. Sy druk haar hand voor by sy broek in. Sy sit haar hand ferm om sy penis waar dit vas kom aan sy lyf. Sy kan sien hy hou baie van hierdie aandag. Maar ewe skielik, uit die bloute, vat sy sy penis stewig vas en gee een harde ruk.
Toe Wouter vooroor buig van die puin, fluister Anja sag maar ferm in sy oor “ek sal jou tros by sy wortels uitruk!”
Hy kry nie ’n geluid uit nie. Sy gee weer ’n stewige ruk en ’n draai asof sy sukkel om ’n onkruid bossie uit die grond uit te trek. Die keer snak Wouter na sy asem en vou dubbel van die pyn.
“Dit is die laaste keer wat jy jou staan en orig hou met my! Verstaan ons mekaar?” vra Anja sissend teen sy oor.
In ’n fluister stem antwoord hy “Ja, ek is jammer Anja, ek sal nie weer met jou sukkel nie.”
Sy los sy penis en los hom net daar, in pyn, en stap uit die liaseer kamer uit, met ’n glimlag van satisfaksie op haar gesig. Dit sal hom leer, dink sy by haarself. Sy het nie gedink sy het dit in haar om haarself so te verdedig nie, maar genoeg is mos nou genoeg!
Toe sy by haar lesenaar kom, lui haar selfoon. Sy maak haar laai oop en tel haar selfoon op. Dis ’n vreemde nommer, dink sy, maar antwoord in elk geval
“Goeie dag, dis Anja wat praat.”
“Goeie môre is dit Anja Basson wat praat?” vra ’n diep stem.
“Ja dit is.”
“Mejuffrou Basson my naam is Lodewikus Marais en ek skakel van Marais en Lubbe prokureurs af. Hier is ’n dringende saak wat ek met jou moet bespreek. Hoe gou kan jy my kom sien asseblief?”
“In verband waarmee is dit meneer?”
“Dit spyt my om jou mee te deel dat ’n tante aan jou pa se kant afgesterf het en jy word in die testament benoem as die enigste erfgenaam. Ek sal graag al die besonderhede van die testament met jou wil bespreek. Ons kantore is in Kaapstad geleë.”
“Is u seker u het die regte persoon beet? Ek het geen familie waarvan ek weet nie.”
“Jou vader se naam was Johannes Pieter Basson, gebore 26 Februarie 1952?”
“Ja dit is korrek.”
“Dan is jy die regte persoon om mee te praat. Hy het ’n tante gehad waarvan hy half vervreemd was. Hy het wel in sy kinderjare ’n goeie indruk op haar gemaak en sy het haar eiendom aan jou bemaak omdat jou pa alreeds oorlede is en sy geen kinders van haar eie gehad het nie. Volgens haar is jy die enigste een van die familie wat oor is, so jy erf haar huis en alles wat in hom is.”
“Dit kan wees ja. Ek was glad nie daarvan bewus dat die tante wel gelewe het nie. Nou goed meneer Marais, ek sal so gou moontlik by u probeer uitkom.”
“Kan jy dalk asseblief vir my ’n kopie van jou ID dokument deurstuur sodat ek solank die nodige papierwerk aan my kant kan finaliseer? Jy kan dit aanstuur na my epos adres [email protected]”
“Ja seker, ek sal dit vandag al deurstuur. Dankie dat u geskakel het.”
“Ek stuur die adres deur waar jy my kan kom sien. Tot siens juffrou” sê hy en lui af.
“Tot siens” sê Anja en sit haar selfoon neer.
Sy staan ’n oomblik versteen tot die gesprek by haar insink. Sy haal haar ID dokument uit haar handsak uit en loop na die fotostaat masjien. Sy skandeer dit in en stuur dit na haar rekenaar toe. Sy skryf ’n epos en heg die dokument aan en stuur dit na meneer Marais se epos adres toe.
Nou het Anja ’n rede om verlof in te sit. Sy was twee jaar laas met vakansie en is regtig moeg vir dieselfde vervelige roetine en gesigte elke dag. Veral Wouter irriteer haar die meeste, maar na netnou se episode het hy nog nie een keer weer in haar rigting gekyk nie. Hy het eers ’n paar minute na haar uit die liaseer kamer uit gekom en kon nie so lekker regop loop nie. Hy het vinnig op sy stoel gaan sit en nog nie weer ’n geluid gemaak of oor sy afskorting na haar geloer nie. Sy het gesien hy drink twee pille wat lyk soos pynpille. Maar sy glo nie dit sal daardie pyn van so flussies, wat deur haar veroorsaak is, vinnig beter maak nie. Sy dink in elk geval het sy die hele vloer se vrouens ’n guns gedoen.
Sy vul haar velof vorm in en stap na haar bestuurder se kantoor toe. Sy klop liggies aan die deur en hy loer versteurd oor sy bril.
“Waarmee help ek Anja?”
“Meneer Malherbe ek moet ’n prokureur in die Kaap gaan sien in verband met ’n erfporsie. Dit klink nogal dringend. Ek wil my jaarlikse verlof neem asseblief?”
“Wel Anja ek kan ongelukkig nie die versoek toestaan nie want wie gaan al daardie papierwerk wat elke dag deur die kantore kom, liaseer?” sê hy terwyl hy vir haar oor sy bril loer.
Anja vererg haar op die daad en nog voor sy dink wat sy sê, glip die woorde uit haar mond uit “wel in daardie geval Meneer, vat nou maar jou werk en druk dit waar die son nie skyn nie! Verander sommer daardie verlof vorm in ’n bedanking in. Gee hier!” sê sy en ruk die vorm uit sy hande uit.
Sy draai dit om en agter op skryf sy in groot letters ‘Ek bedank’ en teken daarby. Verstom loer hy nogsteeds oor sy bril vir haar sonder om ’n woord te uiter.
“Hier, ek is moeg en siek en sat vir julle stuckup mense wat hier werk!” sê sy en gooi die vorm op sy lesenaar neer.
Hy wil nog iets sê, maar Anja draai net daar om, stap uit en slaan sy deur so hard toe, dat die glas rattel en sy kosbare sertifikate amper van die muur afval. Sy stap na haar lesenaar toe soos ’n ontstoke bul. Sy gryp ’n boks met papier in, wat langs die fotostaat masjien staan en gooi die papier net daar op die vloer uit. Sy pak haar bietjie persoonlike goedjies in die boks in, vat haar handsak en loop uit die kantoor uit, sonder om ’n woord met enige iemand te praat. Almal kyk haar net met groot oë agterna. Ja kyk maar, dink Anja by haarself, ek is klaar met hierdie soutmyn!
Toe sy op die grond vloer uit die gebou uit loop skree sy kliphard “Jippie ek is vry!”
’n Paar verbygangers skrik en kyk haar verbaas aan. Sy voel sommer lus en steek vir hulle tong uit. Sy is moeg vir al hierdie stywe nek mense wat hier in Rosebank werk. Een dink hy is beter as die volgende.
Toe sy by haar woonstel kom, gaan sien sy die opsigter. Sy klop liggies aan die deur.
Ou tant Jakoba maak die deur oop en sê vriendelik “môre hartjie, is jy nie veronderstel om by die werk te wees nie?”
“Ek was tante maar ek het bedank. Ek het ’n oproep van ’n prokureur in die Kaap ontvang wat sê ek moet hom dringend gaan sien. En toe my baas nie vir my wil verlof gee nie, toe bedank ek sommer.”
“Maar kind, het jy nie oorhaastig besluit nie?”
“Nee tante dit klink my ek erf ’n huis en alles wat in hom is. Ek wil so gou as moontlik ’n vliegtuig kaartjie bespreek sodat ek kan sien wat dit alles behels. Daarom moet ek ongelukkig vir tante ’n maand kennis gee. Kan ek asseblief my meubels tydelik in die stoor area gaan stoor tot ek weet wat presies in die Kaap gaan gebeur?”
“Ja sekerlik kind, as jy eers daar is kan jy my laat weet wat gaan vir wat.”
“Baie dankie tante. As ek vinnig ’n vlug kry en ek het al my goedjies in gepak, kan ek dalk my laaste aand by tante oorslaap asseblief?”
“Ek sal baie daarvan hou”
“Baie dankie tante. Ek sal laat weet wanneer en hoe laat my vlug is.”
Anja loop na haar klein woonstelletjie toe en sluit die deur oop en gaan in. Sy skakel ’n lugredery en is gelukkig om ’n vlug Kaapstad toe te kry vir die volgende week. Sy bespreek dadelik die kaartjie. Sy pak al haar goedjies in en die dag voor sy vlieg, gaan stoor sy dit. Ou Johannes kom help haar met die meubels. Sy is opgewonde om te sien wat aan haar bemaak is. Dalk is dit nie eers baie nie, maar sy gee nie om nie. Dit is tyd vir ’n verandering en die Kaap is die ideale plek om oor te begin.
Die volgende oggend is sy vroeg op.
“Ek is so jammer om jou te verloor as ’n huurder. Jy was een van die beste wat ek nog hier laat bly het. Ek hoop jy is gelukkig in die Kaap. As dinge nie uitwerk daar nie, sal ek altyd vir jou ’n plekkie hier hê.”
“Dankie vir alles Tannie. Ek sal dit onthou” groet Anja en vertrek na die lughawe toe.
Sy moet haarself keer om nie na die vliegtuig toe te hardloop nie, so opgewonde is sy. Sy neem haar plek op die vliegtuig in en sommer in ’n japtrap is hulle in die lug. Sy verkyk haar aan hoe mooi die son op die horison opkom. Wanneer laas het sy die son sien opkom, wonder sy. Sy kan nie eers onthou nie. Die vlug is vinniger verby as wat sy verwag het. Sy baan haar weg uit na die uitgang en vra ’n taxi bestuurder om haar na die adres toe te neem wat sy op ’n stukkie papier neer geskryf het.