Write a Review

'n Nuwe dag

All Rights Reserved ©

Summary

Christa is 'n Botanis en word ontvoer terwyl sy en Stefan navorsing doen. Petrus kom tot die redding en raak verlief op Christa. Sy was mishandel as kind en het eers haar eie probleme om uit te sorteer en te genees maar hulle vind tog liefde.

Status:
Complete
Chapters:
9
Rating:
n/a
Age Rating:
18+

HOOFSTUK 1

“Ag nee, vedomp man!” skree Stefan hardop by homself en slaan met sy hand teen die Landrover se stuurwiel. Hy draai die sleutel maar daar gebeur niks. Hy sal nou seker moet terug loop kamp toe. Hier tussen al die wilde diere deur. Hy hoop hy maak dit in een stuk. Hy klim uit, sit sy rugsak op sy skouers en begin na die kamp toe loop. Hy is vies en ingedagte, en merk nie op wat in sy omgewing aangaan nie.Toe hy in ’n oop kol in die veld intrap waar daar nie so baie bome opmekaar staan nie, sê iets vir hom hy moet opkyk.

Toe hy opkyk, kyk hy reg in die oë van ’n renoster koei vas. Hy vries dadelik in sy spore. Sy kyk vir hom, en hy vir haar. Agter haar beweeg iets, en toe Stefan mooi kyk, sien hy die kleintjie wat agter sy ma beweeg. Hy weet wat volgende gaan gebeur en begin dadelik te hardloop. Toe hy begin hardloop, spring die koei ook weg en begin om hom te jaag. “Nee mamma renoster, ek wil nie jou kleintjie hê nie, ek belowe!” skree Stefan so ver as wat hy hardloop.

Hy hardloop verby doring bome, deur bosse en modder poele om weg te kom van die renoster koei af. Hy voel al hoe gaffel daardie horing hom in die agterstewe. Na so ’n paar kilos van hardloop raak dit stil agter hom. Met verligting sien hy die kamp voor hom en hardloop by die hek in totdat hy seker is hy is veilig. Hy kyk terug en sien die renoster koei het gaan stilstaan nie ver van die hek af nie. Sy gee nog een laaste snork.

“Ja joune ook man!” skree hy vir haar terug.

Moeg en uitsasem loop hy by die ontvangsarea in.

“Julle Landrover het met my gaan staan!” sê hy uitasem.

“Ek het hom in die veld gelos. Die verdomde renoster koei het my gejaag tot by die hek! Ja lag maar lekker, volgende keer is dit jou beurt!” snou hy die meisie agter die toonbank toe, wat nie kan help om te lag nie. Hy slinger soos ’n dronk man die paadjie af na sy bungelow toe.

“Waar in die wêreld kom jy nou vandaan? Kyk hoe lyk jy! Jy is vol modder en skrape, wat het met jou gebeur?” vra Christa met ’n lag in haar stem toe Stefan in die deur verskyn. Hy leun teen die kosyn. Hier voor haar staan Stefan besmeer van de modder en lyk of hy deur al die doring bosse op die wildsplaas gehardloop het. Sy oë staan wyd en stok styf in sy kop en enige iemand kan sien hy moes groot geskrik het, want hy is so bleek soos ’n spook.

“Die verdomde Landrover het met my gebreek. Die radio wou ook nie werk nie en hier is nie selfoon opvangs nie so toe moes ek voetslaan terug kamp toe. Net so twee kilometer van die Landrover af, loop ek my vas teen ’n renoster koei met haar kalfie. Ek moes haar seker skrik gemaak het, want toe sy my sien, toe storm sy op my af en jaag my die grootste gedeelte van die pad tot net voor die hek. Ek het so groot geskrik en al gevoel hoe gaffel daardie horing my in my agterstewe” beduie Stefan met sy hand hier na die agterkant toe. Christa bars uit van die lag. Sy wens sy kon dit sien. Dit moes soos een van die tonele uit ’n fliek uit gelyk het.

“Nou ja toe, lag maar. Jy kan bly wees dit het nie vanoggend met jou gebeur toe jy uit was veld toe nie” sê Stefan vies en stap moeg in die rigting van die badkamer.

Christa en Stefan werk al vir baie jare saam om navorsing te doen oor skaars plante wat in die droër streke van die land groei. Hy is ’n baie aantreklike man. Hulle is egter altwee enkellopend. Dit is iets wat hulle in gemeen het, is die feit dat hulle albei as kinders misbruik is. Dit is ook hoekom hulle mekaar so goed verstaan en lekker kan saamwerk.

“Nou gaan stort maar eers. As jy klaar is, kom hierna toe sodat ons kan sien hoeveel wonde jy het wat ek moet versorg” lag Christa nog steeds agterna. Stefan is nie baie beindruk met haar nie. Hy gee net ’n snork geluid oor sy skouer terwyl hy die stukkende hemp oor sy kop uittrek. Hy sal beter voel as hy eers bietjie versorg is en iets in sy maag het. Arme ding, dink Christa toe sy hom agterna kyk.

So vyftien minute later kom Stefan uit die badkamer uit, met net ’n handoek om sy onderlyf. Hy is baie goed gebou en het spiere op al die regte plekke ten spyte van die littekens op sy bors en rug wat opgedoen is in sy rowwe kinderlewe.

“Dit brand hier agter op my rug. Kan jy asseblief vir my kyk hoeveel skade daar aangerig is” sê Stefan en draai om.

Oor sy rug lê ’n diep keep gesny, seker deur van die dorings op die doring bome in die veld. Christa vat die ontsmettingsmiddel en ’n stukkie gaas en begin om die lelike wond skoon te maak. Stefan kla oor hoe die ontstemmingsmiddel brand maar moet stil hou sodat Christa al sy kleiner skraapwonde ook kan skoonmaak om te keer teen infeksie. Toe sy klaar is, kry sy ’n piksoentjie op haar wang.

“Dankie Christa, wat sal ek sonder jou gedoen het. Jy is net soos my sussie wat ek nooit gehad het nie.”

Christa weet Stefan bedoel dit, want hy was die enigste kind en sy ma was ’n prostituut wat ’n baie rowwe lewe gely het. Hy moes eintlik nie gebore gewees het nie, want sy ma het per ongeluk swanger geraak en wou nie gaan vir ’n aborsie nie. Sy het ook net die tyd wat sy swanger was met hom nie dwelms gebruik nie, maar kort na sy geboorte het sy weer begin daarmee en voort gegaan met haar naglewe. Hy het onder haaglike omstandighede groot geword en besluit die dag as hy sy matriek geslaag het, hy gaan wegloop van sy ma af en begin werk om verder te kan studeer.

Hy is alewig by die skool geboelie en sleg gesê oor die “werk” wat sy ma doen. Hy was nie bereid om ook soos sy, sy lyf te moet verkoop om aan die lewe te bly nie. Hy wou uitstyg uit die ondergrondse lewe waaraan hy vir soveel jare bloot gestel was en alhoewel sy ma se hanteerder hom probeer voorberei het deur hom seksueel te misbruik, het hy besluit hy sal nooit in daardie ondergrondse wêreld bly nie. Hy haat sy ma vir wat sy hom laat deurgaan het en wat sy doen vir ’n lewe.

Met deursettingsvermoë het hy sy matriek geslaag en ’n kursus in Botanisme gedoen, wat hy betaal het deur as ’n kelner te werk en ook deur die beurs wat hy gekry het. Na hy sy diploma klaar gemaak het, het hy die werk by die buitelug tydskrif gekry en nog nie een dag terug gekyk nie.

Sy ma is ongelukkig so ’n jaar terug vermoor deur ’n reeksmoordenaar wat net prostitute vermoor het en nou nog nie vas getrek is nie. Sy was sy tweede slagoffer en sederdien was daar nog vier ander. Hulle is verkrag en verwurg en dan is hulle lyke langs ’n rivier in die lang gras soos rommel weggegooi. Die dag toe hulle Stefan laat weet het, was sy reaksie “wel darem is sy nou verlos van haar hel op aarde”.

“Nou ja, trek gou iets aan daai mooi lyf van jou dat ons kan gaan eet” sê Christa vir Stefan. Hy glimlag vir haar en verdwyn in sy kamer in. Gelukkig kan ’n mens nie met eerste oog op slag sien watter impak sy kinderlewe op sy lewe het nie, want hy het geleer om dit baie diep weg te bêre. Sy aan die ander kant sukkel deesdae om hierdie spoke uit haar verlede te onderdruk. Na ete en ’n paar glase wyn is hulle albei ontspanne en keer terug na hulle bungalow. Dit is al na tien uur toe Christa in haar bed klim.

Stefan sukkel om aan die slaap te raak. Die skraapmerke op sy rug is baie gevoelig en sodra hy op sy rug draai word hy wakker. Dit is eers in die vroeë oggend ure toe hy insluimer. Hy skrik wakker en luister vir ’n oomblik. Hy hoor geluide uit Christa se kamer kom. Hy staan op om te gaan kyk wat aangaan. Net toe hy by haar kamer deur kom, hoor hy sy gil en hy stamp die deur oop. Christa sit regop in die bed en huil ontroosbaar.

Toe Stefan sien dit is net sy in haar kamer, gaan sit langs haar en druk haar teen hom vas.

“Christa kalmeer, jy kry alweer nagmerries” sê hy in ’n rustige toon sodat sy kan bedaar. “Is dit alweer dieselfde monster wat jou rondjaag in jou drome?” vra hy sagkens.

“Ja” sê Christa snikkend.

“Jy weet hy kan jou nie meer bykom nie. Dis tyd dat ons laat kyk na hierdie nagmerries wat jou so ry. Iewers moet hierdie ding tot ’n einde kom“ troos Stefan weer en vryf sag oor haar rug.

Vandat hulle vir die laaste paar jaar saam werk, het Stefan gewoond geraak aan hierdie nagmerries wat Christa soms kry as hulle saam weg is en ’n bungalow moet deel. Maar dit het die afgelope tyd al hoe meer begin gebeur. Hy sal navraag moet doen oor hierdie man wat haar so genadeloos gemolesteer het toe sy ’n kind was. Hy sal wil weet of die buffel nog enigsins lewe en wat omtrent hierdie situasie gedoen kan word.

Dit het hom jare geneem om sy traumatiese kinderlewe te verwerk en so normaal as moontlik deur die lewe te gaan. Daar is nie veel van liefdesverhoudings is sy lewe nie want hy sien nie kans om weer emosioneel en fisies afgebreek te word en telkemale seer te kry nie. Hy het ook nog nie die regte persoon ontmoet wat hom kan verstaan en ondersteun in sy wroeginge nie. So ook nie Christa nie. Sy glo haar menswees is gebreek en daar is nie herstel nie. Sy dink dat geen man haar sal vat as sy so stukkend is nie. Sy het ’n paar verhoudings gehad maar het gesukkel om nie weg te skram van fisiese kontak nie, wat dit moeilik maak vir enige gesonde verhouding.

Toe sy gekalmeer het, laat Stefan haar weer lê in die bed en maak haar besorgd toe met die kombers.

“Slaap nou rustig, ek is nie ver nie” sê hy sagkens en verlaat haar kamer.

Die volgende oggend loop Christa na die eetsaal se kant toe, toe sy ewe skielik deur ’n skottel koue water getref word. Sy skrik haar boeglam en vererg haar sommer op die daad.

“Wat de hel dink jy doen jy!” skree sy toe sy haar asem terugkry en kyk waar die water haar getref het.

“Ek is baie jammer juffrou, ek het jou nie sien aankom nie!” sê ’n mans stem.

Stadig kyk Christa op en is stom geslaan deur die beeld van ’n man wat voor haar staan. Wanneer laas het sy so ’n mooi man gesien. Gewoonlik sien jy net hierdie beeld in tydskrifte. Donker hare met groen oë wat lyk of dit bruin spikkels in het. Lank en goed gebou as sy kyk hoe bult sy spiere onder sy klere. Mooi hande wat lyk of dit kan beeldhou met ’n vrou se lyf. Hy stap nader met ’n vadoek in sy hand en wil net mik om die water van haar af te vee, toe Christa skielik uit haar beswyming wakker skrik en ’n tree terug spring.

“Jou vabond, jy raak nie aan my nie!” Hy stop in sy spore. “Gee die vadoek hier!” sê Christa ongeduldig en ruk die vadoek uit sy hande uit om haar gesig en klere mee af te vee. Darem is dit net ’n biejtie water en sy kan dit af gevee kry. Dit is nie nodig om droë klere te gaan aantrek nie.

“Weereens baie jammer. My naam is Petrus Brand en ek is die nuwe kok hier” sê Petrus verskonend en hou sy hand uit na Christa. Eers kyk Christa na sy hand en dan weer terug in daardie groen oë. In haar roer iets. Maar sy is nog te vies om daarop te reageer en twyfel eers om sy hand te skud. Toe sy na ’n paar sekondes wel sy hand skud gaan daar amper soos ’n warmheid deur haar lyf. Sy dink dit is baie snaaks want sy het nog nooit so iets gevoel nie, veral nie as ’n man aan haar raak nie. Sy ontspan dadelik in die aantreklike jong man se teenwoordigheid.

“Ek is Christa” sê sy terwyl sy haar hand uit syne trek.

“Ek sien jy dra kakie klere, is jy een of ander wildbewaarder of iets?”

“Nee, ek en my kollega is besig om navorsing te doen oor skaars plante wat in die droër dele van die land voorkom. Ons is Botaniste, ons het geleerdheid in plantkunde.”

“O so ek neem aan dit was hy, jou kollega, wat gister so deur die renoster gejaag is?” sê vra Petrus met ’n halwe glimlag om sy lippe.

.“Ja, arme ding kom by die bungulow aan met wyd gesperde oë en vol modder spatsels met skrape reg oor sy lyf. Hy het nogal redelik woes gelyk toe hy in die deur verskyn. Dit het egter so snaaks gelyk en toe ek eers hoor wat met hom gebeur het, kon ek nie anders as om te lag nie. Arme ding. Hy was omtrent uitgeput toe hy daar instap” lag Christa weer en skielik is die spanning tussen haar en Petrus gebreek.

“Ek sal julle aanraai om nie weer alleen uit te gaan veld toe nie. Ons het vanoggend berig gekry van renoster stropers wat in die boonste wildsplaas gesien is. Die eienaar het egter ’n paar skote af geskiet en hulle het laat spaander. Maar dit is nie te sê dat hulle uit die area uit beweeg het nie. So as julle gaan, wees altyd meer as een en sorg dat julle hier by ontvangs radios neem. Ons gaan vandag laat kyk na die Landrover waarmee Stefan gaan staan het. Ons vermoed dit was die nuwe GPS wat ons geinstalleer het, wat ’n kortsluiting op die elektriese komponente veroorsaak het. Dit sal egter nou reg gemaak word en as julle die Landrover vat sal ons presies kan sien waar julle rond beweeg op die plaas.”

“Dis ’n goeie ding. Dankie dat jy my gesê het.”

“Wel ek dink ontbyt is gereed. Jy kan maar gaan aansit. Ek is weereens jammer dat ek jou nat gegooi het. Sal jy dalk vanaand saam met my eet sodat ek kan opmaak vir my misstap?” vra Petrus met pleitende oë.

Christa dink ’n rukkie na, maar toe sy in daardie groen oë kyk, toe spoel die antwoord oor haar lippe voor sy dit kan keer en sê ja.

“Goed dan, dan sien ek jou sewe uur by jou bungalow?”

“Dis in die hak” antwoord Christa en stap na die eetsaal toe.

Continue Reading Next Chapter
Further Recommendations

georgia: Ah! i read this in a couple of hours i couldn’t put it down!! i loved it as much as i loved the other stories. took me a second to remember all the names again and their back stories but when i did, the story became that much more whole. i would say there are a few sentences here and there that d...

remydoyle6: I loved how they got married in the end I wish it was longer. I didn’t like how stupid and blind he was. I would recommend this book to anyone who loves Romance. I wish it was longer. Overall it was a great read. Keep up the great stories.

Fiona Walker: Absolutely bloody loved it. A very well written slow burn romance that will I think, be continued in subsequent books. It leads nicely into the next one

Annigrace: Ok the novel is great

RGXD: I'm loving this book so far. One thing I would've done to make it better was to add povs. I understand that every writer has their own writing style but just a polite suggestion. Loving the book though. I love this writer. Keep it up! 💖

Leanna: I like the 4 kinghts. I would recommend it to my friends.

dicipulo52: Historia bella con muchos matices y claro sexo gracias por escribir ❤️💕💕💋💋

More Recommendations

honeygirlphx: Loved it can’t stop reading these books! Great writing

Keona: I absolutely love this so far

Bamalady78: I have absolutely nothing but praise for this story. Each book draws you in to the newest couple while still continuing the past couples storyline. Absolutely brilliant work of art.

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.