Write a Review

Duiwelspiek se voete

All Rights Reserved ©

Summary

Ferdinand is gefasineer deur voete. Hy versamel hulle. Hy raak verlief op een van sy studente en sy vind uit wat hy in die kelder wegsteek. Sy hardloop die berge in en word amper vermoor. Oorleef sy en vind sy en Ferdinand mekaar weer ten spyte van sy onaardige versamelin?

Status:
Complete
Chapters:
6
Rating:
n/a
Age Rating:
18+

HOOFSTUK 1

Professor Ferdinand Roux staan hande gevou en kyk hoe die eerste jaartjies in sy ouditorium inloop. Hy hou hulle voete dop. Van die veertig in die klas sal seker net die helfte hulle graad kry. Dit is mos lekker om jou ouers se geld op universiteit te kom mors. Een paar voete vang sy oog. Hulle is slank en amper perfek gevorm. Hy kyk op na die res van die meisie. Sy is lank en maer. Sy het bruin hare wat in krulle op haar skouers hang. Sy het lewendige helder blou oë wat vol lewe sprankel in haar mooi pikante gesiggie. Haar borsies en heupe is mooi rond en lyk of dit sag kan wees om aan te vat. Vir ’n oomblik kyk hulle mekaar in die oë, maar die meisie kyk vinnig weg toe ’n koue rilling teen haar ruggraat af hardloop nadat sy in daardie deurborende groen oë vas gekyk het.

Ja juffie, ons sal sien hoe ver kom jy, dink Ferdinand by homself. Sy kyk hom ook op en af toe sy verby hom loop. Hy het donker hare met groen oë wat reg deur ’n mens kyk. Hy is langer as meeste mans. Hy het breë skouers wat afloop na nouer heupe. Sy hemp span styf om sy bo-arms waar sy spiere bult. Hy is baie atleties gebou. Hy begin grys word teen sy slape maar is baie aantreklik vir sy ouderdom. Toe almal hulle plekke ingeneem het en rustig geraak het, maak Ferdinand keel skoon vir hulle om stil te bly.

“Goeie môre, ek is Professor Ferdinand Roux. Julle gaan die anatomie van die menslike liggaam saam met my bestudeer. Ons begin hier in die ouditorium en vorder dan tot in die lykshuis. As jy gril vir dooie mense dan stel ek voor jy verlaat my klas by voorbaat. Hier gaan dit nog baie interessant raak. Ons soek na die oorsaak waaraan mense dood gegaan het. Ek sien uit daarna om te sien hoeveel van julle dit gaan maak tot aan die einde van die vier jaar hier op universitieit wat nog te sê die sewe jaar in geheel. So as jy ’n swak maag het, stel ek voor jy volg ’n ander studie rigting. Julle is hier om te leer, nie om te speel nie.”

Ferdinand sien die meisie met die mooi voete fluister iets vir haar maat.

“Hy is nogal aantreklik” fluister Madelein vir Ansie.

Maar nog voor haar maat haar kan antwoord val Ferdinand haar in die rede.

“Is daar ’n probleem Juffrou” vra hy streng en gluur haar met sy deurborende groen oë aan.

“Nee Professor, geen probleem nie” antwoord Madelein rooi in die gesig in ’n klein stemmetjie.

“Laat ek dit vir julle baie duidelik maak dat hier nie gespeel gaan word nie. As jy nie van die begin af kan by hou nie, gaan ek jou na die eerste semester verskoon. Julle gaan in die toekoms met mense se lewens werk en ’n diagnose wat misgekyk word kan iemand se lewe kos. Verstaan ons mekaar” vra hy kwaai.

“Ja Professor” antwoord almal in ’n koor.

Na klas bespreek Ansie en Madelein hul onderskeie lektore.

“Ek het nogal geskrik toe prof Ferdinand jou so vinnig uitgehaal het toe jy vir my fluister. Hy lyk of hy nogal streng kan wees.”

“Ja nogal, maar hy bly nog die aantreklikste een van die lot. Dink net as hy jou in die slaapkamer beet kry met daardie groen oë en streng stemtoon.”

“Jy kan nie met vuur speel nie. Jy weet jy mag nie die professor date nie.”

“Maar hy is dan so aantreklik!”

“Ja meisie ek weet, maar moet nou nie betrokke raak by iets wat nie moet wees nie.”

“Laat ons kyk wat gebeur. Ek sal probeer om myself te gedra.”

“Ja sure” antwoord Ansie met ’n glimlag om haar mondhoeke. Sy en Madelein ken mekaar al van laerskool dae af. Sy weet Madelein kan baie onverantwoordelik optree as sy die dag tyd het en het al baie keer onskuldig saam met haar in die moeilikheid beland.

Later die middag is Ferdinand bly om te kan huistoe gaan. Hy verstaan partykeer self nie hoekom hy nog klas gee nie. Seker maar omdat die voete hom so fasineer. Hy bly in een van die oudste huise teen die voet van Duiwelspiek net diskant die gronde van die Universiteit van Kaapstad. Hy het die huis by sy ouers geërf toe hulle ’n paar jaar gelede in ’n motor ongeluk oorlede is. Dit is ’n ou dubbelverdieping huis wat spookagtig teen die kranse sit. Dit het verskeie klein vierkantige punt dakkies wat uit die groot dak uitkom. ’n Perfekte plek vir ’n uil om in die nag te kom sit en hoe-hoe. Die huis het baie versteekte vertrekke wat met eerste oogopslag nie sigbaar is nie. Die plank vloere kraak onder jou voete as jy oor hulle loop.

Baie van die vertrekke word nie gebruik nie. Al die meubels in daardie vertrekke is met wit lakens toegegooi. Madelein se kamer is nog steeds soos dit was voor sy dood is. Soms as Ferdinand te veel verlang, sal hy in haar kamer op die bedjie gaan sit en na haar speelgoed kyk wat nog op die vloer lê. Dan sien hy in sy geestesoog hoe sy mooi dogtertjie met haar groen ogies en haar krul haartjies op die mat sit en speel. Soms as hy mooi luister kan hy haar nog hoor lag in haar kamer, maar dit vervaag met tyd.

Ferdinand gaan af na die kelder toe. Hy haal die sleutel uit sy wegsteek plek uit en sluit die slot oop. Hy maak die swaar houtdeur oop wat lei na ’n geheime kamer toe. Dit maak ’n swaar kraak geluid toe dit oop swaai. Hy wonder hoeveel hy hierdie jaar sal kry. Die berg sorg altyd dat hy elke jaar iets nuuts by sy versameling kan voeg. Maar hulle moet perfek wees. Die voete moet vroulik wees. Die brug moet nie te hoog wees nie en die tone moet nie te lank en lelik wees nie.

Elke dag volg hy dieselfde roetine. Hy loop op en af voor die vrieskaste met die glas deure. Hy kyk na sy versameling in die vrieskaste. Hy begin by die kleinste een in die versameling. Dit is die enigste een wat ’n foto by het. Dit is ’n foto van sy liefste Madelein toe sy twee jaar oud geword het. Sy sou hierdie jaar negentien geword het en heel waarskynlik ’n eerste jaar in sy ouditorium gewees het. Maar wat in die vrieskas is, is al wat hy oorhet van haar.

Weereens gaan sy gedagtes terug na daardie noodlottige nag toe hy sy liefste Madelein aan die dood moes afstaan. Hy en Teresa het weer ’n geweldige uitval gehad.

“Nee Teresa julle kan nie nou ry nie. Wag tot dagbreek toe sodat die mis kan lig. Teresa! Die pad is nat, dis te gevaarlik” roep Ferdinand agter haar aan.

Maar Teresa het vir Madelein gegryp en haar in haar motor gestop en weggejaag. Dit was baie donker en die mis het wit spoke oor die pad gemaak terwyl die reën in slierte op hulle neergedaal het. Sy het te vinnig gery en haar misgis met die draai in die pad. Die motor het gegly en by die afgrond afgerol. Dit is dieselfde plek waar Ferdinand se ouers ’n paar jaar terug ook verongeluk het. Ferdinand het agter hulle aan gery en gesien hoe die motor by die afgrond af tuimel. Hy het omgery na die volgende draai toe om nader aan die verwronge motor te kom. Hy het gly gly oor die klippe gesukkel om by hulle uit te kom.

“Teresa! Madelein! het hy geroep terwyl die reën teen sy gesig vas geslaan het, maar daar was geen antwoord nie. Toe hy by die motor kom het hy gevoel of Teresa en Madelein nog ’n pols het maar hulle liggame was verwronge en uitmekaar geskeur. Hulle altwee is opslag dood.

“Neeeee!” het Ferdinand dit in die reën teen die kranse uitgeskree toe hy sien albei is dood. Sy liefste Madelein is nou van hom af weggeneem. Verbitterd slaan hy met sy vuis teen die verwronge dak van die motor. Hoe kon Teresa dit aan hom doen. Hy sal haar nooit vir dit kan vergewe nie.

Ferdinand het die ambulans van die hospitaal af laat kom om hulle te kom haal. Terwyl hy vir die ambulans gewag het, kyk hy af en sien die perfekte klein voetjie van Madelein voor sy voete gelê. Hy het eers gehuiwer om dit op te tel maar toe hy die naderende ligte van ’n voertuig sien het hy dit vinnig opgetel. Hy het dit in sy sakdoek toegedraai en in sy sak gesit.

Hy het ’n vrieskas met glasdeure bestel wat hy in die kelder laat installeer het. Daar het hy klein Madelein se voetjie ingesit met die laaste foto wat hulle van haar geneem het. Op die manier sal sy altyd by hom wees. Elke jaar het hy probeer om ’n grootte voet te kry wat by haar ouderdom pas. Sover het Duiwelspiek nog elke jaar vir een gesorg. Maar dit is amper weer haar verjaarsdag en die sewentiende voet is nog nie gevind nie. Hy het vir Teresa en Madelein laat veras. Hulle as staan in hout kissies bokant die vuurherd in die sitkamer waar hulle nooit weer sal koud kry nie.

Daar is ’n ou storie wat vertel word van ’n seerower genaamd Jan van Hunks wat altyd aan die voet van die berg onder sy gunsteling boom gaan sit en pyp rook het. Eendag het die duiwel by hom kom sit en hulle het vir dae aaneen gesit en rook om te kyk wie kan die meeste rook oor Kaapstad en Tafelberg kon uitblaas. Dit is waar die mis op en om Tafelberg vandaan kom en die gedeelte Duiwelspiek genoem word. Nou net soos die mis van die see af kom, so kom die versamelstukke van die berg af. Die studente gaan loop in die berge rond en verdwaal dan as die mis en reën hulle so vinnig oorval. Gewoonlik eindig hulle op Ferdinand se agterstoep op. Baie keer is hulle verkluim of hulle val van die kranse af en rol tot duskant sy agterdeur. Dit is daar waar Jakob, sy getroue helper hulle altyd vind.

Jakob kom roep hom gewoonlik om te kom kyk. Die lyke word dan na die staatslykshuis toe geneem. Van daar af word hulle families gekontak. As hulle na ’n sekere tyd nie opgeëis word nie, word hulle na die universiteit toe geneem en as kadawers by die universiteit gebruik. Die studente word aangeraai om nie sonder ’n gids te gaan stap nie, maar ore is min. Dis wanneer hulle hulself so mis drink dat hulle die berge invaar.

Die volgende dag begin Ferdinand se dag met die vierde jaar studente. Hy geniet die studente wat al gevorderd is. Hulle verstaan mekaar al goed. Dis die eerste jaar studente wat hom grys hare gee. Hulle is sy volgende groep studente wat klas het. Die maklikste manier om van hulle ontslae te raak is om ’n outopsie te doen. Gewoonlik gebruik hy iemand wat inwendige bloeding gehad het voor hulle dood is. As jy daar by die bloed kom wat jy so emmers vol uit die maag moet skep, dop meestal van hulle om. Dan verdwyn hulle een vir een. Net die wat regtig daar wil wees, byt op hul tande en oorleef Ferdinand se ontgroening.

Die meisie met die mooi voete is een van hulle. Sy lyk dalk skraal en tingerig maar sy het ’n baie sterk maag. Sy verroer nie ’n oog toe hy die outopsies so ekstra grillerig maak nie. Hy sal haar graag beter wil leer ken.

Hy sien op sy klaslys dat haar naam ook Madelein is. Kan dit net toevallig wees of is sy oor sy pad gestuur vir ’n rede. Kan sy hom dalk help om die laaste stuk van sy versameling te kry. Die afgelope tyd het die berg nie vir hom gestuur wat hy soek nie. Hy sal wag en sien wat gebeur. Hy hoop nie sy sal een van die berg se slagoffers word nie. Wat kan hy doen om nader aan haar te kom? Sy is ’n mooi meisie en hy is nie ’n lelike man nie. Maar hoe gaan hy sy versameling klaar maak as hy verlief raak op haar. Dalk is dit nie ’n goeie idee nie, dink hy verward, maar die aantrekkingskrag na die meisie is amper onweerstaanbaar.

Ferdinand gaan kuier die volgende aand by sy vriendin met voordele. Hy kry nie vir Madelein uit sy gedagtes uit nie. Dalk kan Vanessa sy aandag van haar aflei. Vanessa het ook mooi voete maar hulle is net geskik om hom seksueel te stimuleer. Hulle het ’n verstandhouding omtrent hulle snaakse verhouding. Dit bestaan uit vriendskap en seks soos wat hy dit nodig het.

Sy trek oudergewoonte haar sexy onderklere aan met die sykousies wat tot by haar bobene kom. Alles moet swart wees. Ferdinand trek al sy klere uit. Hy lê terug teen die kussings en kyk hoe Vanessa haar sexy onderklere vir hom uittrek. Sy moet egter die sykousies aanhou. Dan moet sy langs hom kom lê en haar voete en bene oor sy lyf vryf sodat hy die sykouse teen sy vel kan voel. Hy laat lê haar langs hom en hy bevredig haar deur haar klitoris te streel tot sy ’n orgasme bereik. Hy laat lê haar op haar rug. Hy vat ’n kussing en plaas dit onder haar boude. Dan vat hy haar bene en plaas dit aan weerskante van sy kop sodat haar voete op elke skouer rus. Terwyl hy haar penetreer voel hy met sy hande oor die sykouse wat sy nog aan het. Ritmies beweeg hy in en uit tot hy te vinnig ’n orgasme bereik. Hy voel beter maar nog nie tevrede nie. Dit is daardie meisie se blou oë wat die hele tyd voor hom dans wat sy konsentrasie verbreek. Dalk sal hy satisfaksie kry as hy haar in die bed kan kry, dink hy by homself.

“En nou my beer, hoekom is jy so haastig vanaand? Doen ek dit nie meer vir jou nie?”

“Dis nie jy nie Vanessa. Daar is ’n eerste jaar student wat my aandag aftrek.”

“Jy weet jy mag nie met die studente lol nie. Het sy mooi voete?”

“Ja en dit is wat my so na haar toe aantrek. Ek weet ek mag nie betrokke raak nie, maar sy het die perfekte paar voete.”

“Jy sal mooi moet nadink hieroor. Jy kan nie in ’n skandaal betrokke raak nie.”

“Ja ek weet. Ek sal probeer om myself te beheer.”

“Ek is altyd beskikbaar vir jou. Jy moet my net laat weet as jy weer wil kom kuier.”

“Dankie Vanessa. Ek kon nog altyd op jou staat maak” sê Ferdinand terwyl hy sy klere weer aantrek. Vanessa weet Ferdinand het ’n ding vir voete, maar sy besef nie hoe ernstig dit is nie. Hopelik vind sy ook nooit uit nie.

Hy sal ’n manier moet kry om vir Madelein na sy huis toe te lok. Hy weet nog nie hoe hy dit gaan doen nie, maar sal aan iets dink. Hy weet hy speel met vuur. Dalk moet hy probeer uitvind waar sy vandaan kom en wat haar huislike omstandighede is. Dalk net kan hy ’n opening kry om haar op ’n persoonlike vlak te nader.

Hy verlaat Vanessa se woonstel en gaan terug huis toe. Daar steek egter ’n geweldige storm op en die mis pak dik oor die hange van die berg saam. Later begin dit te reën. Vroeg die volgende oggend kom roep Jakob vir Ferdinand.

“Meester kom kyk. Die berg het vir ons een gegee.”

Ferdinand loop saam met Jakob uit na buite toe. Nie ver van die agterdeur af nie lê daar ’n liggaam.

“Is sy dood?”

“Ja meester. Blou van die koue. Natuurlik verdwaal op die berg en toe hier opgeëindig.”

“Het jy gekyk na die voete?”

“Ja meester maar dis nie wat meester soek nie. Kyk die een se lelike tone. Dit lyk soos ’n seekat se tentakels. Glad nie mooi nie” sê Jakob soos hy met sy hand beduie.

“Ek sal die polisie bel. Trek die kous en skoen weer aan.”

“Dis reg so meester, ek maak so.”

“Dankie Jakob” sê Ferdinand toe hy teleurgesteld die huis inloop.

Hy het so gehoop die berg sou nou al teen die tyd vir hom die regte versamelstuk gestuur het. Dan hoef hy nie vir Madelein te nader nie. Maar dit lyk vir hom asof hy haar moet huis toe lok. Dis nie iets wat hy wil doen nie, want hy wil nie hê die wêreld daar buite moet uitvind van sy diep donker geheim wat hy in die kelder weg steek nie.

Continue Reading Next Chapter
Further Recommendations

georgia: Ah! i read this in a couple of hours i couldn’t put it down!! i loved it as much as i loved the other stories. took me a second to remember all the names again and their back stories but when i did, the story became that much more whole. i would say there are a few sentences here and there that d...

remydoyle6: I loved how they got married in the end I wish it was longer. I didn’t like how stupid and blind he was. I would recommend this book to anyone who loves Romance. I wish it was longer. Overall it was a great read. Keep up the great stories.

Fiona Walker: Absolutely bloody loved it. A very well written slow burn romance that will I think, be continued in subsequent books. It leads nicely into the next one

Annigrace: Ok the novel is great

RGXD: I'm loving this book so far. One thing I would've done to make it better was to add povs. I understand that every writer has their own writing style but just a polite suggestion. Loving the book though. I love this writer. Keep it up! 💖

Leanna: I like the 4 kinghts. I would recommend it to my friends.

dicipulo52: Historia bella con muchos matices y claro sexo gracias por escribir ❤️💕💕💋💋

More Recommendations

honeygirlphx: Loved it can’t stop reading these books! Great writing

Keona: I absolutely love this so far

Bamalady78: I have absolutely nothing but praise for this story. Each book draws you in to the newest couple while still continuing the past couples storyline. Absolutely brilliant work of art.

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.