Write a Review

DWARSKLAP VAN DIE LEWE

All Rights Reserved ©

Summary

Dle lewe is nie altyd wat mens dink nie of werk dit nie uit soos jy dit beplan het nie Dwarsklap van die lewe is dit n dwarsklap op mens se lewe en hoe n enkele oomblik alles kan verander

Genre:
Thriller / Action
Author:
MICHIEL123
Status:
Ongoing
Chapters:
1
Rating:
n/a
Age Rating:
16+

Untitled chapter

UIT DIE GROOT BIBLIOTEEK

DWARSKLAP VAN DIE LEWE

Die enkele skoot weergalm deur die nagstilte.Koos Swart sit verskrik regop.Verdwaas vee hy die slaap uit sy oë. Al weer dieselfde vervlakste droom. Dit is nou die hoeveelste agtereen volgende nag wat die geweerskoot hom wakker maak, ’n Sagte hand op sy bors laat hom kalmeer.Santie sy vrou het nog altyd die vermoë gehad om met ’n enkel sagte aanraking hom te kalmeer. Dieselfde droom teister hom sporadies al van kleins af. Dit is net net as of dit meer en meer gereeld voorkom die laaste paar weke. Die probleem is hy kan nie die droom onthou nie al wat hy kan onthou is die enkele pisool skoot wat hom elke keer wakker laat skrik.Vêr in die agtergrond begin ’n hond of twee te blaf. Nog ’n dag, nog ’paar ure om te lewe.

Trieng Trieeeng , die geluid van die wekker verdryf die laaste newels van slaap.Geluide van ’n stad wat besig is om te ontwaak kan van orals gehoor word.In die Spoorwegkamp waar Koos en Santie bly begin die manne vroegdag te roer. Hier van vier uur se koers begin die ligte in die een na die ander huis aan te gaan. Orals is werkers besig om gereed te maak vir nog ’n dag se aarbei.Die oggend roetine van opstaan was en aantrek is soos ’n daaglikse ritueel.As hy klaar aangetrek uit die badkamer kom het Santie vir hom sy koppie koffie gereed. Op die tafel lê sy toebroodjies reeds en wag

Jy moet iemand gaan sien in verband met hiedie drome van jou sê sy toe Koos uit die badkamer uit kom. Vlooi, (Koos se troetelnaam vir sy vrou) sê Koos jy weet wat ek dink van daardie idee van jou. Ek is nie mal nie en ek het geen begeerte om ’n kop dokter te gaan sien nie.Nee my man ek weet jy is nie mal nie antwoord Vlooi en ek bedoel nie ’n kop kopdokter nie. Meer iemand met wie jy kan praat en wat sal luister.Met ’n baai ons sal sien die 5.30 Express wag vir niemand nie alles in een sin afgerammel is hy by die voordeur uit.Die paar blokke stasie toe om die 5.30 Express te haal drafstap Koos vinnig af.

Geduldig staan Koos en wag.Om hom het die menigte werkers almal op pad stad toe begin saamdrom ’n Swaar hand vat aan sy skouer en ’n diep stem bulder hier by sy oor. “My magtie is dit nie sowaar Kiewiet Kiewiet Swart nie”. Vir ’n oomblik is Koos stom geslaan…….

Kiewiet en Buldog soos vinkel en koljander kon altyd bymekaar gevind word met Santie iewers naby die twee. As die een in een of ander moeilikheid was is die ander een altyd byderhand. Die kinderhuis is nie ’n maklike plek om te oorleef nie .Die grootword jare het sy suur sowel as sy soete oomblikke gehad, Hy onthou van saam grootword en skoolgaan…………..

Vir ’n oomblik was Koos vêr weg. Pieter Buldog Diedericks waar val jy uit die lug uit vra hy verbaas.

Voor Buldog nog kan antwoord storm die 5.30 Express die stasie binne.Die geskuifel van voete stoot Koos vorentoe tot binne in die trein.Asof in ’n droom kyk Koos na die mense om hom.Het hy regtig vir Buldog gesien of was dit maar net sy verbeelding.Dan sien hy Buldog. Sy vriend se sesvoet gestalte toring bo die ander kommutors op die trein uit.

Nou wat maak jy hier in die Kaap vra Koos toe hy en die Buldog weer bymekaar kom. Sodom en Gomorra is mos eintlik jou jagveld. Werk wat anders grinnik Buldog. Die Bloedhond soos die pers kaptein Piet Diedericks gedoop het se naam het telkens die nuusblaaie gehaal as die een of ander booswig sy Moses teëgekom het. Die befaamde speurder se vermoë om skuldiges uit te snuffel was orals bekend.Koos het sy jeugvriend se eskepades deur die jare noukeurig na gevolg.Sien jy fluister die Buldog daardie ou daar eenkant, die een met die pet laag oor die oë getrek.Ja die een met die groen check baadjie.Wag moet nie direk na hom kyk nie. Ek volg hom nou al vir twee weke.Van Johannesburg na Durban en nou hier tot in die Kaap.Genoeg van my. Laas toe ek jou gegroet het was jy op pad Jokkie skool toe………….

Koos Swart! Fielies ag ek bedoel mnr Ferreira wil jou dadelik sien.Een van die seuns het Koos kom roep en hy haas hom kantoor toe.Voor die kantoor huiwer hy ’n oomblik. Daar is niks waar hy van weet wat hy of Buldog al weer verkeerd gedoen het nie. Huiwerig klop hy aan die deur.Binne roep die stem van binne die kantoor.Santie kom staan saggies hier agter hom. Wat het julle alweer gedoen fluister sy hier by sy oor.Nie vêr van hulle af nie af staan Buldog, Nuus in die kinderhuis versprei blits vinnig, Niks net mooi niks waarvan ek weet nie fluister hy terug. Kom binne beveel mnr Fereira se stem.Met ’n ek vertel julle later maak Koos die hoof se deur oop en stap in.Stadig sleep Koos sy voete tot voor die hoof se lessenaar. Koos en die hoof glimlag breed. Jou droom het waar geword. Hier in my hand is jou “Get out of jail free “kaartjie Jou ’ticket uit die tronk soos julle klomp mos die plek agter my rug noem. Ek het vir jou plek gekry by die Jokkieskool in Milnerton. Dit is mos wat jy wou gehad het………

Die ruk van die trein bring Koos terug na die hede.Nee sê hy soos jy kan sien het dit nie uitgewerk nie.Die ”good old Railway het al weer geproduce” en hy wys na die kondukteurs uniform wat hy aanhet.Piet grawe in sy baadjiesak en haal ’n besigheidskaartjie uit.Hier is my adres en al my telefoon nommers.Ek moet nou gaan . Bel my dan gaan eet of drink ons ietsie.Ons het baie om op te vang. Die trein het skaars gestop of die Bloedhond was sterk op sy prooi se spoor.

Moeg keer Koos terug huis toe.Dit was ’n lang dag op die trein. Dit wil al hoe meer voorkom of die kriminele elemente besig is om amok op die treine te veroorsaak. Die passasiers raak ook al meer opstandig. Dit is net sy werk om hulle tickets te check. Hy werk maar net vir die railway, hy besit dit nie. Vlooi jy sal nooit kan raai wie ek vandag op die stasie raak geloop het nie. Sommer so uit die bloute uit na, wat is dit nou al amper meer as tien vyftien jaar.

Santie wat al reeds aan die kos inskep was glimlag.Sy is al gewoond aan Koos se manier van dinge doen. Sy weet dat hierdie weer een van sy Raai Raai speletjies is. Laat ek dink antwoord sy.Tien vyftien jaar terug dan moet dit iemand uit die kinderhuis wees. So ek raai jy het die befaamde Bloedhond raak geloop.Ag nee man dis nie fair nie brom Koos.Hoe het jy geweet. Met ’n ons kan later praat kom eet die kos word koud antwoord Santie. Later na ete en die skottelgoed gewas en weggepak kom sit Vlooi hier styf teen haar Kiewiet.Vertel my nou nooi sy.

Hy was skielik net daar sê Koos . Hy het my sowaar uitgeken tussen al daai mense. Nog steeds dieselfde ou Buldog net soos ons hom geken het. Hy het my ek bedoel ons genooi vir ietsie te ete of te drinke. Ek moet hom een of ander tyd bel om reëlings te tref. Santie staan op om koffie te gaan maak.Sy was skaars in die kombuis of Koos was weg in droomland……………

My naam is g’n Koos Swart nie.My naam is Francois Alexander de Villiers. Die klein seuntjie se oë is vol trane. Hy weet nie rêrig waar hy is nie.Almal rondom hom is vreemd. Die vreemde oom kyk hom kwaai aan. Kyk ek weet nie wie jy dink jy is nie sê hy kwaai. Hierdie kaartjie sê jou naam is Koos Swart. Dit het saam met die brief gekom wat ons vra om na jou om te sien en vir jou te sorg. Dit sê jy is Koos Swart en Koos Swart sal jy bly.Jy hoef nie jou nie te veel aan die naam Koos Swart te steur nie want jy gaan defnitief n ander naam kry. Almal hier het ’n ander naam. Selfs vir my noem hulle Fielies al is dit net agter my rug. Die dae het weke geword en kort voor lank was hy ingeburger as Koos Swart.Een van die kinders het kom kennis maak. Hallo my naam is Pieter ,Pieter Diedericks of sommer Piet Buldog of net Buldog soos almal my noem.Jy moet jou tog nie dat Fielies jou te veel pla nie.Moet hom net nie kwaad maak nie.As hy eers kwaad is dan looi hy sommer almal. Kom Kiewiet ek gaan wys jou waar alles is. Koos kyk verbaas na Piet.Ja man sê Piet ek dink ek gaan jou Kiewiet noem. Daardie dun beentjies van jou lyk net soos die kiewiete op my oom Ben se plaas. So het Koos Swart Kiewiet geword en Kiewiet gebly.Die twee het onafskeidbaar geword. Buldog en Kiewiet Waar die een gegaan het was die ander altyd iewers naby. Piet was al een met wie Kiewiet sy geheime gedeel het.Toe die drome hom begin teister het die Buldog geduldig geluister.Waneer Kiewiet aangehou het dat sy naam Francois Alexander De Villiers is het Buldog geduldig geluister.Partykeer het hy gewonder waar kom Kiewiet aan die naam wat hy sê wie hy is. En toe eendag is sy net daar. Die skaam dogtertjie met die twee ponie sterte. Haar naam is Santie Santie Viljoen het sy skaam geantwoord Orals het sy die seuntjies wat haar so laat welkom voel het gevolg. Vlooi is sy gedoop omdat sy soort van ’n laspos vir twee” manne” was .Amper soos ’n vlooi op ’n hond se rug. Stadig het die tweemanskap ’n derde lid bygekry. Die jare het verby gegaan.Die drome en herinneringe het vervaag.Selfs die naam Francois Alexander De Villiers het stadig in die newels van vergetenheid verdwyn.

Kom Kiewiet kom ons gaan slaap.Koos kom met ’n verslae houding regop.Wat, wat is fout my lief het jy al weer gedroom vra Santie bekommerd.”Ja Vlooi” sug Koos. Die laaste paar weke al het ek weer dieselfde droom .Wie is die vervlakste Francois Alexander De Villiers wat my lewe al vir soveel jare vergal. Kom my man en Santie vat Koos aan die hand soos ’n klein seuntjie.Gaan stort jy gou en klim dan so lank in die bed.Ek gaan solank vir ons ons laaste koffetjie vir die dag maak.

Santie staan met die Bloedhond se telefoon nr’s in haar hand.Sy het die kaartjie met die nommers in Koos se hemp se sak gekry.Hy het al weer vergeet om sy sakke leeg te maak,voordat hy sy wasgoed in die wasgoedmandjie gooi.Vir ’n oomblik wonder sy of sy moet bel maar dit asof iets haar dwing en sy skakel die selfoon nommer.Na ’n paar luie gaan die gelui oor na ’n stempos wat versoek om ’n boodskap te laat. Sy skakel vervolgens die huis se nommer en na ’n paar luie se ’n vriendelike stem. Dr Diedericks goeiemore. Vir die oomblik is Santie stomgeslaan dan sê sy .Uhm more ek weet nou nie of ek die regte nommer gebel het nie.Ek is eintlik opsoek na Piet Buldog ag ek bedoel mnr Piet Diedericks. Die stem aan die anderkant lag saggies.Jy soek seker my man.Hy is reeds uit maar het genoem dat hy vir middagete huis toe kom.Wil u met homself gepraat het of is daar iets waarmee ek kan help.My naam is Santie Swart ek is Koos Swart se vrou.Ons ek bedoel my man was saam met jou man in die kinderhuis.Jy bedoel jy is Kiewiet se vrou.Pietie praat so baie van hom en net gisteraand het hy my vertel dat hy hom na al die jare weer raakgeloop het. Wag gee my gou jou nr dan bel ek jou oor so rukkie terug.Ons moet net vandag nog ontmoet. Dit was nou vreemd dink Santie.Ou Buldog het sowaar ’n vrou gevat en nie sommer net ’n vrou nie “n dokter nogals.Ek wonder hoe sy ….. en voor sy nog te veel kon wonder lui haarfoon.Dit is nie ’n bekende nommer nie en sy antwoord versigtig.Santie hallo.Haai dit is dokter Diederick ek bedoel Simone is jy dalk vry vir middagete. Hulle gesels vir so paar minute en gou gou is alles gereel.

Santie hoop dat die rokkie wat sy aan het goed genoeg is vir die grand plek waarheen dr Diedericks haar genooi het. Stadig loop sy die restaurant binne.Sy kyk versigtig om haar rond.Weet nie wie of wat om ter verwag nie.

Simone Diedericks sit al reeds en wag. Hoekom sy Santie genooi het vir ete in plaas daarvan om middagete saam met haar man te geniet weet sy nie.Sy het net geweet dat sy dit moet doen. Sy het skoon vergeet om vir Sanie te vra hoe sy lyk of om haar te vertel hoe sy lyk, daarom hou sy maar almal dop wat inkom. Santie laat haar oë dwaal oor al die enkeldames in die restaurant. Aan haar regter kant sit iemand wat lyk asof sy so pas uit die nuutste mode tydskrif gestap het.Seker ’n model of so iets. Dit sal nie sy wees nie. Miskien die mollige donkerkop daar heel agter.Al ander enkel dame is die tannie met die grys bollatjie, dit is defnitief nie sy nie.Sy kyk vinnig op haar horlosie, miskien is sy so bietjie vroeg Die model daar voor wink vir haar en stadig stap Santie nader. Jy is Santie vra sê Simone en beduie vir Santie om te kom sit.

Simone kyk Santie verbaas aan .As ek nie van beter geweet het nie sou ek sweer jy is Vlooi Viljoen. Jy lyk presies soos Pietie dis nou my man sy Vlooi beskryf het.Jy is net baie meer aantreklikker as wat hy wou voorgee. Wat ek aantreklik antwoord Santie .Langs jou lyk ek soos die lelikste eendjie. Simone lag wag net tot ek jou onderhande geneem het. Santie lag saggies .Nie meer Vlooi Viljoen nie maar Vlooi Swart. Ek en Kiewiet het toe sowaar getrou.Dit was nie lank nie of die twee gesels soos ou bekendes.Twee ure later kyk Simone verbaas na haar horlosie.Maggies maar die tyd het gevlieg ek sal nou moet hardloop.Hier is my kaartie met adres en telefoon nommers.Verbaas kyk Santie na die kaartjie in haar hnd.Jy ’n sielkundige ,n ’kopdokter‘ soos Kiewiet sou sê.Ja ek is dit al’n paar keer genoem sê Simone met ‘n lag in haar stem.Hoekom vra jy. Nee antwoord Santie dit is ’

n lang storie so dit sal moet wag vir ’n ander geleentheid. Simone herken die angs in Santie se stemen se gee vir my julle adres dan kom kuier ek vir jou en dan kan ons lekker verder gesels. Nee ek ek bedoel ons huisie is nou nie juis geskik besoekers nie sê Santie skaam.Bog dit sal my nie die minste pla waar julle bly nie. Vir eers gaan ek net vir Pietie vertel Kiewiet se vrou het gebel en dat ek julle oorgenooi het .

Santie het haar hart uitgepraat en Simone het geluister.Dr Diedericks sal jy asseblief my Kiewiet kan help ek sal so, so baie bly wees.Ek sal enige iets doen om jou te kan betaal want ek weet julle dokters is mos nie goedkoop nie.Nie dr Diedericks nie Simone. Julle is Pietie se famielie wat hy nooit gehad het nie , Nou is julle ook myne en ek hoop ons gaan sommer groot vriende word en bly. Nou waarmee kan ek help en wat wil jy he moet ek doen. Ek weet nie Simone .Al wat ek wel weet is dat dinge nie so kan aangaan nie .Ek weet deesdae partykeer nie wie my man is nie Ek wil weer my ou Kiewiet terug hê.Gee my so bietjie tyd om te dink antwoord Simone.Ek het ’n idee maar dit sal fyn beplanning en ’n bietjie huiswerk vir my kos. Bel jou later en Simone los Santie alleen met haar gedagtes agter…………….

Hallo wie is jy. Die klein dogtertjie kyk die twee modder besmeerde wesens wat hier voor haar uit die modderpoel uit opstaan. Hallo my naam is Santie antwoord sy skaam.Ek is Piet Buldog en hy is Kiewiet.Santie het hier eenkant kom sit.Sy verlang na haar mammie en pappa.Hoekom het hulle haar net hier gelos , sommer net gelos.Kiewiet en Buldog was net so verbaas.Haai waar kom jy vandaan vra Kiewiet ek het jou nog nie hier gesien nie. Nee ek is gister hier gelos sommer net gelos. Kom moenie huil nie kom sit hier by ons.Hier tussen my en Buldog ons sal mooi na jou kyk.Wat moet ek rerig by julle in daardie………………Santie was vir ’n oomblik vêr weg.Sy voel nog die modder tussen haar tone . Sien haar net so vol modder soos die ander twee. Sy dink aan die eerste plas in die modderpoel en die hegte band tussen die drie van hulle wat daardie dag in dieselfde modderpoel gesmee is.Die geluid van die telefoon bring Santie met ’n skok terug na die hede. Dit nommeer is nie vir haar bekend nie en sy antwoort versigtig.Hallo dit is Santie. Haai Santie dit is Simone luister gou mooi ek het ’n plan………………….

Koos stop voor die imposante hekke.Is jy seker ons is by die regte plek.Dit is mos ryk mense wat hier bly. Jip dis die regte plek volgens die adres op Simone se kaartjie.Kyk daar teen die kant by die hek daar staan so wragtie waar iemand.Die hek gaan stadig oop en die person stap flink nader.Naam asseblief vra hy en kyk Koos hulle se Volla aan asof hy nie gewoond is dat sulke voertuie hier kom besoek af lê nie. Koos en Santie en voor Koos nog iets verder kan sê beduie die man.Volg net die regterkantse pad tot by die huis. Meneer en dr Diedericks wag reeds op julle.Santie verkyk haar aan die goed versorgde tuin en grasperke.Voor die drie verdieping huis bring Koos sy volksie tot stilstand. Koos vergaap hom skoon aan die pragte figuur wat saggies hie langs hom verskyn het.Baie welkom jy moet Kiewiet wees ek is Simone Buldog se vrou. Ek mag mos maar Kiewiet sê.Pietie is daar onder by die lapa besig en sy beduie na die kant van die huis.Santie lag saggies sy het spesiaal nie vir haar man vertel hoe Simone lyk nie.In ’n dwaal klim Koos uit en volg Simone.

Glimlaggend volg Santie. Dit is min wat sy haar man sonder woorde sien.Sonder dat hy weet wat om te sê.Staan nader staan nader bulder ’n stem uit die lapa. En toe wie het ons hier. Hierdie keer is dit egter Simone se beurt om haar man verslae te sien.Vlooi is dit tog nie jy nie.Jy, jy en Kiewiet en hy kyk van die een na die ander.Jip se Vlooi die kys het gehou al was Kiewiet so vêr weg. Siedaar nou is ons oud en getroud se Kiewiet. Wat wou oud sê Santie en loop na Buldog gooi haar arms om sy lyf en druk hom styf vas. Amper soos destyds fluister hy in haar oor.So het hulle altyd gemaak as hulle vir Kiewiet wou laat wakker skrik as hy in sy droomwêreld in verdwyn het.Ek hoop nie julle gee om nie maar ons het sommer ’n paar ander vriende ook genooi. Simone wys na die ander in die lapa wat die ontmoeting dop gehou het.Die ‘brunch’ verloop heel gesellig en toe almal klaar geët en met iets te drinke in die hand sit, sê Piet skielik. Soos julle almal by nou al weet is my vroutjie ’n heel skaflike kopdokter soos Kiewiet haar sal noem.Wat julle egter nie weet nie is dat sy ’ n veel beter hipnotiseur is.Een van haar spesialiteis velde is hipnose.Onder groot dwang en baie gepleit het sy ingestem tot ’n gratis demonstrasie. Sonder Kiewiet se wete is die besoekers met groot sorg uitgesoek.Daar was Dr Paul de Weer ’n kollega van Simone en sy vrou, Quinton Roux ’n hoogeregshof regter en sy vrou asook Bertus van Wyk een van die Bloedhond se vele kontakte en sy vriendin.Simone staan onder groot gelag open vra enige vrywilligers.Die volgende halfuur word omtrent almal willoos in Simone se hande.Santie kloek soos ’n hoenderhen ,een miaaw soos kat en ’n ander blaf soos’n hond.Pietie word oupa Piet wat sukkel, sukkel met sy kierie loop.Kiewiet nou is dit jou beurt.Wat sal ek met jou maak ,ek weet jy sal ’n klein seuntjie word.Eers wil Koos niks weet nie maar swig onder die gesamentlike aanslag van al die vroue.Jy het lekker gelag vir ons sê Santie nou is dit ons beurt.Stilte assebief vra Simone. Die gaste is reeds vroeer ingelig en weet wat volgende gaan gebeur.

Koos, Simone se stem is rustig en sag. Jy is drie jaar oud. Almal sit doodstil Behalwe Koos wat merkbaar begin rondskuif en vroetel.Wat is jou naam vra Simone. Die klein kinder stemmetjie antwoord sonder huiwering .My naam is Francois Alexander De Villiers junior.Junior vra Simone.Ja want oupa is senior en my pappa is ook Francois Alexander De Villiers. Francois waar is jy nou vra Simone. Nie Francois nie pappa noem my sommer Div. Nou goed Div sê vir waar is jy nou en wat doen jy.Ek kruip in die kas weg.Watter kas vra Simone.Die kas in my pa se kantoor. Hoekom kruip jy in die kas weg. Ek en Ore wil hom” surprise”. Dit is sy verjaardag vandag.Waar is jou Pappa en wie is Ore vra Simone. Pappa is by die groot huis.Oupa het hom geroep en Ore is my maatjie.Hy was eers oupa s’n, toe my Pa s’n en nou is hy myne. Ek en Ore gaan oral saam. Ore is en die stemmetjie fluister is my hond met die lang lap ore.Ek het vir Ore op pappa se tafel gesit sodat hy kan weet ek is iewers naby.Wat is die groot huis vra Simone versigtig. Die groot huis is waar Oupa bly dommie en ons bly in die ander huis.Wie is ons vra Simone weer.Ons ek en pappa en o ja, oom J. Oom J is pappa se broer en vandat liewe Jesus vir mamma kom haal het bly hy by ons in die huis.Oupa het juis gese dat hy vir oom J ook wil sien.

Stadig van al die gewag raak klein Div aan die slaap.Hy sien nie hoe sy pa inkom en by sy lessenaar gaan sit nie. Hy sien ook nie hoe sy Pa die pak met dokumente oop sprei nie en ook nie hoe sy pa, in die stoel gaan sit met sy oë toe, probeer herroep wat nou net gebeur het nie………Alex ek moet met jou en daarna met J praat het sy pa vanoggend met ontbyt gevra,vandag nog.So wanneer julle ’n kansie het kom sien my asseblief. Francois wonder wat is fout sy Pa noem hom net Alex as daar dringinde sake is wat hy wil bespreek. Hy sal maar ’n boodskap los vir sy Broer wat blykbaar nog steeds slaap.Ek sal maar gaan hoor wat Pa wil hê.

Kom in Alex Maak die deur agter jou toe en kom sit. Ek moes jou seker al lankal vertel het maar ek het nie die moed gehad nie, Dit is vandag my sestigte verjaarsdag en omdat ek nog lewe tree die klousule in jou ouma se testament onmiddelik in werking.Maar wag laat ek voor begin.’n Lang ruk later sit sy pa vermoeid terug. Nou weet jy alles.Hierdie dokumente is belanrik.Die oorspronklikes is jy weet waar al ons dokumente bewaar word. Van vandag af is jy die nuwe eienaar van Bergsig Bpk met alles wat daarop is.Vir Jacques het ons aangeneem toe hy net ’n paar maande oud was.Ons het nie gedink dat ons ons eie kinders sou hê nie, en toe kom jy.Die plaas is einlik jou ma se erfenis.Ek het die plaas ge erf tot en met my dood of sestige verjaarsdag waarna dit joune word.Bergsig Bpk is vandag ’n groot besigheid en die plaas groot genoeg om onder verdeel te kan word.Jy is egter ook vandag dertig jaar oud en het klein Div om aan te dink.Finasieël is daar voorsiening gemaak vir Jacques.Ek gaan hom nou die waarheid moet vertel.Jy moet mooi na hom kyk .Ek is bekommerd oor die vriende met wie hy deesdae rondhang.

Francois stap terug huis toe.Hy en J sal moet gesels.Alles sal rekom , hulle is immers mos broers.Hy sien nie vir J raak wat voor die kantoor deur staan met skok en woede duidelik oor sy gesig geskryf nie en ook nie toe J sy pa kantoor deur saggies agter hom toemaak nie…………,

Stadig maak hy sy oê oop en sit regop.Ek weet wat ek gaan doen mompel hy.Ek gaan Bergsig in twee verdeel en vir J na daardie Wynskou in Bordeaux Frankryk stuur.Ja dit is wat ek gaan doen se hy hardop.Waar is die vervlakste uitodiging na die wynskou.Wag net gou sy naam in vul………

Die kantoordeur word met ’n harde slag oopgestamp.Verskrik kyk hy op. So hier is jy jou onderkruiper’Verbaas kyk Francois op. Boeta J want is fout. Wat is fout vra jy , moenie nog skynheilig wees nie .Ek is seker die ou vrek het jou klaar vertel.Ek is mos die optelkind, die een…...Boeta J moenie worrie nie ek sal en wil alles met jou deel.Bergsig Bpk is groot genoeg vir ons almal.

Onder in die kas het klein Div ’n rukkie terug wakker geword.Hy het gehoor hoe praat sy pa met homself en wou net so rukkie wag. Nou sit en luister na die verwoede getier van sy oom J. Verwese laat sy pa dit maar toe. Hy weet hoe hy sou gevoel het as hy in sy broer se plek was. Klein Div se oe rek groot. Wat wat doen sy oom J dan nou. Hoekom het oom J dan net een hanskoen aan.Hoekom het hy sy Pa se pistol. Div sien hoe sy Pa verdwaas net kan kyk.So asof hy nie kan glo wat gebeur nie. Hy hoor sy oom laggend sê.”Ek het die ou vrek baie duidelik laat verstaan dat ek en nie jy nie Bergsig Bpk sal erf. Bergsig is myne en myne alleen.

Div sien hoe sy oom die pistol teen sy Pa se kop druk .Hy hoor sy Pa smekend roep.Boetie J jy kan mos nie.en sy oom se honende antwoord.Ek kan en het al reeds.Die ou vrek was net so verbaas soos jy nou is.Het my gesmeek en belowe om die testament te verander, nie dat hy juis kon nie Dit was maklik net een skoot soos nou. Div sien hoe sy oom die pistol teen sy pa se kop druk en die sneller trek. Die enkel skoot weergalm deur die kantoor.

Dit is genoeg vir eers en Simone bring Kiewiet stadig terug . Almal teenwoordig is tot ’n doodse stilte geskok.Bloedhond Diedericks is tot in sy tone geskok.Dan was ou Kiewiet se storie waar.Al die jare lank het hy tog die waarheid gepraat.Hy is so waar as wragtig nie Koos Swart nie .Hy is en was nog altyd Francois Alexander De Villiers. Koos kyk om hom rond en sien al die geskokte gesigte.Wat wat is nou aan die gang wil hy weet .Is iemand dood.Julle almal lyk asof julle so pas die doodstyding gekry het.Wat het nou net gebeur.Santie loop na haar man gooi haar arms om sy lyf en hou hom styf vas.Sy wil hom net nie laat los nie en met trane wat oor haar wange stroom bly sy net sê. Ek is jammer so jammer oor en oor.

Kan iemand assebief vir my net se wat gaan aan , Koos se stem is verergd vraend.Asseblief iemand.

Sit Kiewiet.Buldog se stem is ferm.Ons en hy wys na al die ander skuld jou ’n verskoning sowel as ’n verduideliking. Simone het jou gehipnotiseer.Jy was terug in jou ouerhuis.Nog voor die kinderhuis se dae.Ek en Santie is so jammer, so so baie jammer dat ons jou nie geglo het nie, nie regtig geglo het nie. Wat het julle nie geglo nie vra Koos en kyk na sy vrou wat hom glad nie wil los nie.Buldog kom staan voor sy vriend.Jou naam is Francois Alexander De Villiers.Jy is nie Koos Swart nie. Wie dit is gaan ek uitvind dit belowe ek jou.Santie se trane stroom nog steeds, en sy los haar man vir geen oomblik nie. Ek is so jammer Kiewiet se sy.Ek en Simone het saam besluit dat ons die waarheid moet weet.Jou drome was besig om jou te vernietig ons te vernietig .Ek moes net hulp kry en toe word Simone op ons pad gestuur. Stadig ontvou die laaste uur of wat se gebeure. Kiewiet of moet ek nou sê Francois ek dink jy en Vlooi bly sommer die res van die naweek hier by ons.Ons het baie om oor te gesels.Later as alles eers rustig is en ons ander gaste vertrek het kan ons verder gesels.Pietie gaan sit jy en ons gaste in die sonkamer ek en Santie gaan eers winkels toe. Kom Vlooi en Simone vat haar aan die hand inkopies is net die regte medisyne vir jou. Ek kan nie,ek bedoel ons kan nie.Ek en Kiewiet het niks saam gebring nie, ons kan nie hier bly nie .Bog antwoord antwoord Simone. Wat julle nie het gaan koop ons gou.Maar ons ons het nie” gebudget” vir so iets nie. Sy wil Kiewiet nog steed nie los .Eers toe hy vir haar se hy is ok gaan sy teensinnig saam met Santie. Met ’n ek vat sommer die Prada is Simone met Vlooi aan die hand by die deur uit. Die winkels is nie baie vêr nie en Vlooi sê met ’n skaam klein stemmetjie.Simone ons het regtig nie die geld om sommer net nuwe goed te gaan koop nie.Simone lag saggies.Dan is dit goed dat ek en Pietie meer as genoeg daarvan het. My ouers het my met genoeg geld agter gelaat wat ek nie in twee leef tye sal op kan gebruik nie. Pietie was reeds welaf toe ons getroud is.Hierdie plek van ons waar ons nou bly sowel as ’n paar ander soos dit behoort aan hom.Ons het geen kind of kraai nie.Julle twee is al familie wat ons nou het.

Nie net het Pietie weer sy verlore broer en suster gekry nie, ek het ook vir die eerste keer in my lewe ‘n sussie bygekry.So vandag gaan jy “shop till you drop. “ Ek wil niks hoor van dit is te duur of ons het nie geld nie.Vir eers was Santie maar skaam en huiwerig maar toe die gogga byt het sy net so lekker soos Simone” geshop”. Nou vir my belofte van vroeë. Simone neem Santie van een salon na die ander en stadig verander die vlooi in ’ n pragtige ……………..

Waar en hoe het jy jou doktertjie ontmoet vra Kiewiet toe hulle rustig met iets te drinke in die hand sit. Die laat middagon gooi ’n goue baan deur die kamer. Glo dit as jy wil tydens een van die sake wat ek ondersoek het. Ek weet nie of jy weet nie maar Simone kom uit ’n familie van bankiers. Daar was ’n aantal banke in London wat in ’n kort tydjie beroof is.Drie daarvan het aan haar pa behoort.

Hy het my gehuur om ’n ogie oor sy dogter te hou.So vir twee weke het ek haar oral gevolg.Waar sy gegaan het was ek haar spreekwoordelike skaduwee.Natuurlik sonder dat sy van my geweet het. Ek dink ek het toe al op haar verlief geraak. Een spesiale vriend van haar was die hoof verdagte. Hy het haar gebruik om inligting in te samel, totdat hy en sy mede rowers nog ’n rooftog kon beplan. Tydens hierdie rooftog was Simone in die bank.Sy het vir haar pa gaan kuier. Die sogenaamde vriend was daar en sy wou hom heel onskuldig aan haar Pa voorstel.Tot haar onnugtering is sy egter as gyselaar aangehou.Tydens ’n rusie tussen die bendelede is sy gewond.Ek het haar daar gaan uithaal en ook die vriend gearresteer.Daarna was dit ’n dolle gejaag hospitaal toe. Die noodoperasie was geslaag. Die eerste gesig wat sy gesien het nadat sy onder die narkose van die operasie wakker geword het was die lelike bakkies van my.Die “rest” is soos hulle sê “history”.Tussen die onthou jy en die ek wonder wat het van hom of haar geword het die tyd verby gevlieg.Ek kan nie glo nie sê Kiewiet dat jou droom om poliesman te word het waar geword nie.Jy wou mos maar altyd net ’n poliesman word.Nie meer poliesman nie antwoord Buldog maar P.I. Jy weet soos in Magnum P.I.Private Investigator met die rooi Ferrari en al.Ek wonder waar bly die twee so lank weg vra Kiewiet.Buldog lag soos ek my vrou ken koop daardie twee vandag die Kaap leeg. Kom ek gaan wys jou my speelgoedjies sê Buldog.

Kiewiet kan sy oë nie glo nie. Die motorhuis is vol voertuie .Seker so nege of tien tel hy vinnig.Hier is my P.I. image. Buldog beduie na die bloedrooi Ferrari.Dan is daar nog die Porche en die paar Alfa Romeos. Die wit Lamborghini slaan sy asem skoon weg. Aan die verste kant van die “garage “ staan twee of drie goedkoper sedan motors en twee vierwiel aangedrewe voertuie.Werkskarre verduidelik Pietie en lag .Hierdie een en hy beduie na die blou motortjie wat langs die wit Audi staan.Dit is my vrou se “pride en joy”. Die Mazda Rx 7 was haar 21 ste verjaarsdag geskenk.Sy is baie heilig op hiedie geskenk van haar ouers.Sy ry nooit meer met haar nie maar wil om die dood toe nie daarvan ontslae raak nie.Wag ek hoor iets.Ja hier is hulle nou.Die wit Prada hou voor die huis stil en twee prinsesse klim stadig uit.Pietie is al gewoond aan sy” model looking” vrou maar die ander wese wat saam met sy vou uit die Prada klim ken hy egter nie. Vlooi Vlooi is dit regtig jy vra Kiewiet verbaas.Ag man dis net ’n hairdo en ’n nuwe rokkie antwoord Santie skaam.Vlooi nee nie meer Vlooi nie maar Prinses .Want dit is wat jy is my Cindarella van die Kaap.Toe nou Kiewiet moet nou nie staan en maak asof en my nooit vir jou oftof nie.Kiewiet kan en bly maar net staar.Pietie vang sy vrou se oog en knik dankbaar.Kom se hy laat ons die kos en die pakaas indra.

Die maan gooi helder strale oor die grasperke en tuin rondom die groot huis in Tamboerskloof.Onder die bome sit Buldog en Kiewiet rustig en luister na die nag geluide wat die aandwind saggies nader bring. Eenkant brand die braaivleis vuurtjie .Die vrouens is besig met die maak van slaaie en broodjies in die huis. Hier onder die bome is dit rustig en stil.

Wie het nou kon dink dat ek vanaand saam met die beroemde speurder die Bloedhond van Johannesburg om ’n braaivleis vuur sal sit sê Kiewiet hardop. Ja die ou lewe is maar snaaks.Meer onregverdig as snaaks sê Vlooi.Sy en Simone het ongemerk by hulle kom aansluit. Prinses begin Kiewiet . Nee Kiewiet Vlooi het julle my gedoop so lank terug in die kinderhuis, so Vlooi sal ek bly.Net so sal jy my Kiewiet bly en Pietie ons Buldog. Maar wat nou,wat maak ons nou dat ons die waarheid weet.Pietie, en Simone kyk na haar man.Jy is die kenner wat se jy.

Eerste dinge eerste antwoord die Bloedhond .Eers moet ons uitvind of Kiewiet se oom nog lewe. Ons moet terug gaan en weer gaan kyk na die gebeure rondom daardie nootlottige dag.Dan sal ons die spoor daarvandaan vat.Iewers sal daar ’n foutjie wees. Daar is altyd iewers die een leidraad wat na die volgende een en uit eindelk na die oplossing toe sal lei.Voor ek vergeet ons het jou hele hipnose sessie op video geneem. Voordat ons dit kan gebruik vir vervolgings doeleindes het ek jou toestemming nodig.Kiewiet knik instemmend.Ook op video asseblief.Ons kan more daaraan aandag gee.Nou gaan ek slaap.Vlooi Simone het jou gewys waar julle kan slaap nê.Jip sê Vlooi lekker slaap julle.Kom my man kom ons gaan ook slaap.

In hulle kamer kon Santie nie uitgepraat raak oor haar”shop till you drop” uitstappie van die middag nie. Sy wys hom amper elke item wat sy gekoop het en gee vir hom sy slaapklere. Met ’n stort jy gou eerste, ek pak solank ons inkopies weg verdwyn sy in die aantrek kamer.Kiewiet stort vinnig en spring onder die nuwe duvet in.Hy voel soos ’n koning met al die nuwe vere. Uit die hoek van sy oog sien hy Santie haastig verby glip badkamer toe.In die agtergrond hoor hy die geluid van die stort.Stadig val sy oë toe.Ek sien, as jy so moeg is sal ek seker maar iets anders moet aantrek.Sy oe vlieg oop toe hy sy vrou se stem hoor.In die badkamer se deur staan Vlooi, ’n nuwe Vlooi met die kleinste eina slaappakkie waarin hy haar ooit gesien het.Nee so moeg is ek darem nie grinnik Kiewiet en hou die duvet oop.Vlooi kom lê styf teen hom en fluister iets in sy oor.Later heelwat later staan hy op om water te drink.Gooi vir my ook ’n glasie koeldrank in vra Santie.Kiewiet draai verbaas om na sy vrou.Waar gaan ek die tyd van die nag in die kasarm van Buldog koeldrank kry. Santie lag saggies en wys na die muur in een hoek van die kamer. Stadig skuif die panel weg. Die ingeboude kroegie het alles wat hulle nodig het.Met ’n “your wish is my command my queen”bring hy vir haar koeldrank in die bed.

Simone verras hulle die volgende oggend met koffie in die bed. Ek hoop julle het darem lekker geslaap. En vra sy vir Santie met ’n sameswerende glimlag,het dit toe gewerk.Santie se glinsterende oë verklap alles sonder dat sy vir Simone enige iets hoef te sê. Jis ek wonder wat ons toekomstige kinders gaan sê as ons hulle eendag vertel dat ons met koffie in die bed bedien is deur die beroemde dr…… Simone val Kiewiet laggend in die rede.

Toe toe julle laatslapers ontbyt is al gereed.Pietie het al sy oggend draffie agter die blad en wou julle al vroeg kom uitskud het.Gelukkig kon ek darem vir julle so rukkie tyd koop. Na onbyt fluister Santie in Vlooi se oor dat sy haar iets wil gaan wys.In dieselfde motorhuis as wat Kiewiet gister was kom Santie met ’n skok tot stilstand.Verbaas kyk sy na die klomp luukse motors. Dit is maar net aards goed probeer Simone en wys met swaai van die arm na die voertuie. Maar hier en sy wys na die blou motortjie.Hier is soos Pietie sal se my” pride and joy”.Pixie onmoet Vlooi.Vlooi dit is Pixie Blue.Verstom staan Vlooi en kyk.Blou soos die hemel in middel van die kaapse somer. Stadig stap sy nader na die blou motortjie toe en loer deur die venster. Klim in nooi Simone en maak die deur oop.Die binnekant is oorheersend wit.Die sagte leer bekleedsels wit soos sagte sneeu vlokkies.Ag sy is so mooi snik Santie. G’n wonder sy is jou “pride en joy” nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie die en sy wys die Audi en Lamborgini is ook mooi maar Pixie is “special”.Dit was my “pride and joy se Simone saggies. Ek het baie ure in haar gespandeer. Baie van dit sonder om iewers te gaan. Sommer net my wegkruip plek as ek net alleen wou wees. Wat wat bedoel jy was vra Santie saggies versigtig. Was Vlooi was want Pixie is van vandag af joune. Myne regtig egtig net myne.Vlooi kan nie glo wat sy so pas gehoor het nie.Het Simone Pixie vir haar gegee. Nee nee ek kannie…..

Jy kan en jy gaan antwoord Simone beslis .Pietie is juis nou besig om die Prada waarmee ons gister gery het vir Kiewiet te gee.Ons het al baie keer gewonder wat het van julle geword.Na die kinderhuis het julle spoorloos verdwyn. Ek en Pietie het gepraat want ons het niemand om hierdie en sy wys rondom hulle mee te deel nie.Soos ek jou reeds gese het.Ons het geen kinders nie,sal ook nooit kan hê nie. Ons het gedink dat ons maar so alleen sal oud word.Ja daar is die klompie kenisse, werksvriende en so aan maar geen rerige vriende nie.Nou het julle weer ons pad gekruis.Pietie is so bly dat hy weer sy Kiewiet en Vlooi gekry het.Die kersie op die koek was dat julle met mekaar getroud is.Menigte aande toe ek in die hospital gele het het hy my staaltjies van julle drie vertel. Die moeilike tye maar ook van die rukkies van vingerlek lekker tussen in.Stom geslaan kan Vlooi maar net knik en saggies fluister.”dankie so so baie dankie ek sal mooi na haar kyk en haar goed oppas.En as ons eendag ’n doger moet he sal dit hare word.

Kiewiet wou eers niks weet van om die Prada se sleutels te vat nie.Mooipraat van Vlooi het ook nie gehelp nie .Eers toe Pietie dreig om die Prada voor Kiewiet se huis te gaan parkeer met die sleutels binne in en as dit gesteel word dit op sy gewete sou rus het hy kop gegee en die aanbod aanvaar.

Die Volla sou hulle weer op hulle beurt vir die eerste voetganger met ’n kind by hom of haar gee.Maria Khumalo kon haar oe nie glo dat haar gebed so gou verhoor is nie.Kiewiet en Vlooi het die Volla se sleutel aan die oorstelpte Maria oorhandig.

Twee weke later het die voorlopige ondersoek begin rigting kry. Nie alleen was die saak al oud en koud nie, die ondersoek beampte sers Willemse was ook al afgetree en het iewers langs die see gaan bly.Die Bloedhond het hom in Hermanus opgespoor. Ook is uitgevind dat Kiewiet se oom inderdaat nog lewe.

Ja man sug sersant Willemse.Dit was een van die interesanste sake van my loopbaan.Nie net die moord nie maar toe die selfmoord daarna. So julle was bo - alle twyfel seker dat dit was selfmoord. Vererg vra sersant Willemse wie is jy, en wat het jy met die saak te doen. Op die telefoon het jy nie veel gesê nie. Pieter glimlag.Jammer ek het my nie volledig bekend gestel nie.My naam is kaptein of ex kaptein Pieter Diedericks ook bekend as die Bloedhond, deesdae P.I.Vir ’n oomblik is Stefaans Willemse doodstil.Jy bedoel jy is daardie , daardie ou wat ons so baie van lees in die pers.Jy is regtig die Bloedhond. Jy skeer nie die gek met my of trek my been nie. Geen grappies nie sersant “guilty as charged”.Sefaans spring regop en skud Pieter se hand.’n Eer kaptein waarlik ’n eer om u in my nederige woninkie te onvang.Se net waarmee kan ek u help. Eerstens vergeet die kaptein en noem my sommer net Piet of Pietie soos my vrou my noem. Nou het u ’n dvd speeler.Hier is iets waarna ek wil he jy moet kyk.Asselief die material wat u nou gaan sien is hoogs sensitief en uiters vertroulik.Voor ons kyk het ek u woord van die strengste geheimhouding. Goed dan kan ons maar begin. Die Bloedhond en druk die beheer knoppie.

My ……….. en die kragwoord ontsnap oor Stefaans se lippe. Wie sou dit ooit kon dink. Wag ek onhou nou.Dit en hy wys na die TV het my heelwat laat onthou.Voordat ons begin moet ek vir jou se dat indien die storie waar en na die glo ek dit is het julle groter probleme want sien oom J is deesdae Jacques De Villiers adjunk minister van Openbare Betrekkinge. Diekeer is dit die Bloedhond wat die kragwoorde saggies uiter. Ons sal moet fyn trap.Ons vra Stefaans .Ja ons antwoord die Bloedhond.Van hierdie oomblik is jy deel van die span.Dit is nou te se as jy wil.Saam met jou werk, jy bedoel ek sersant Stefaans Willemse gaan saam met die beroemde Bloedhond werk.Jislaaik watter vooreg sal dit nie wees nie.Nou vertel my alles wat jy van die saak af weet Op of af die rekord. Ek wil weet van elke ding wat jy kan onthou,alles wat jy gesien het of gedink jy het gesien.Moet niks uitlaat nie.Hoe dom of onbelangrik dit vir jou mag wees of klink.Moet niks uitlaat nie vertel my alles wat jy kan onthou.Wel begin Stefaans dit was so drie uur die middag toe die oproep inkom , die huishoudster het die grusame ontdekking gedoen en die polisie laat kom. Op die tafel was die getikte brief.”Ek is so jammer ek het my pa ……. My stiefpa in woede doodgeskiet.Ek sien nie kans vir die toekoms nie.nou gaan ek ’n einde aan alles maak…………”of so iets.Dit was dit. Broer J was blykbaar in Parys Frankryk op pad na die wynskou naby Bordeaux. Niemand anders het iets gesien of gehoor nie.

Die loods het broer J die vorige dag Frankryk toe gevlieg met die plaas se Learjet.Die loods kan jy onthou wie dit was, vra Pieter.Ja hy het so snaakse naam gehad.Wag nou onthou ek Bester, Bester Du Toit. So jong mannetjie net klaar gemaak in die lugmag. Een van broer J se vriende as ek reg onhou.Stefaans Willemse wou niks weet dat die Bloedhond moes terug ry stad toe en het hom oorreed om die nag daar oor te bly. Nie net was hy nou al die laaste paar jaar alleen in die groot huis na die afsterwe van sy vrou nie maar daar was ook die “odd chance “dat hy meer sal kan onthou. Helaas het hy niks verder kon byvoeg nie en die Bloedhond het die pad huis- toe met ’n swaar gemoed aangedurf.Die een sou het die Bloedhond besef sou een van die raarste en tergenste sake wees wat hy al ooit onderneem het.

Simone kon al haar Pietie soos ’n boek lees, het geweet dat sy hom alleen moes los.In sy studeerkamer het die Bloedbond op en af geloop. Nou en dan ietsie op een van die honderde Stick it papiertjies geskryf en op die wit bord teen die muur geplak.Stadig maar seker het die plan in sy kop vorm aangeneem en die Bloedhond was reg vir aksie.

Genl Tjaart Viljoen is baie verbaas toe die Bloedhond in sy kantoor se deur verskyn.Die laaste keer wat hy hom gesien het was op die afskeids onthaal wat hulle vir die Bloedhond gereel het.My magtie ou Piet waar kom jy vandaan en wat maak jy hier.Hier by my kantoor. Die Bloedhond kyk sy gewese speurhoof vas in die oe. Besigheid general besigheid sommer groot besigheid en ek het u hulp nodig. Piet as jy vir my om hulp kom vra moet dit gewis groot en belanrik wees.Ek bestel gou vir ons koffie.Sterk, swart met twee lepels suiker as ek reg onthou.Piet is geensins verbaas nie.Die general was alom berug vir sy legedariese geheue.Min mense het geglo dat die general so baie feite , datums en gebeure kan onthou nie.Nie net onhou maar ook binne oomblike kan optower asof dit gister gebeur het. Met die koffie en “chit chat “agter die blad begin die Bloedhond sy storie te vertel.Die general luister sonder om die Bloedhond een keer te onderbreek.Toe die Bloedhond ophou praat sê die general.Piet ek onthou die geval. Ek was destyds die stasie hoof van Kleinspruit en het die saak as ek reg onthou vir Stefaans Willemse ge gee om te ondersoek.Dit was die spreekwoordelike “open and shut case”met al die bewyse,netjies op die lessenaar gelos.Byna te netjies na my sin.Piet ek sê jou wat los dit so dag of twee by my sodat ek die oorspronklike saak se dokumente kan trek.Ek wil my verstout om te sê dat daar wel so paar onbeantwoordre vra was.Vra wat gepla het maar weens gebrek aan enige feite is die moord en selfmoord teorie daarna algemeen aanvaar.Weet jy dalk wat het van die seuntie geword.Die het blykbaar ook net verdwyn.Nie verdwyn net afgelaai. Die Bloedhond kan beswaarlik die woede uit sy stem hou.Dit is die einste Koos Swart of Fracois Alexander De Villiers die 3de.

Vir die tweede keer die week word dieselde dvd uigehaal. Genaraal moet hierna kyk asseblief en dan gesels ons weer oor so paar dae en die Bloedhond verlaat die general se kantoor.

Johnny Vingers Paxton skrik hom behoorlik koud.Die harde klop aan sy voordeur beteken net een ding. Polisie! . Alhoewel hy nie meer deesdae aktief betrokke is nie hou hy nog sy oor op die grond.Die skrik is egter nog net so groot en traag maak Vingers die deur oop.Verbaas staar hy na die groot gestalte voor sy deur.Herkenning kom klop stadig aan die deur van sy geheue. My alle kragtie is dit nie so wraggies Buldog Diedericks aka die Bloedhond nie. Naand Vingers so woordjie of twee asseblief en die Bloedhond stap in en maak die deur agter hom toe.Nee cappy nie meer Vingers nie net “good old “ Johnny ,Johnny Paxton .Wat kan ek vandag vir die groot en deurlugtige kaptein Bloedhond Diedericks doen.Ek het’n takie vir iemand met jou baie spesiale talente. Nee wag nou “Cappy” jy weet mos ek is deesdae skoon.Het nie eers een” job” die laaste paar jaar gedoen nie.Jy weet jy skuld my Johnny maar hierdie een is nie vir my nie . Jy onhou mos nog vir ou Kiewiet.Hierdie een is vir hom.Ons is besig om sy verlede na te gaan en het op so paar interesante feit afgekom.nou het ek jou hulp en baie spesiale talente broodnodig sodat ons hom kan help.

Hou hy nog steeds aan met die storie van .My naam is nie Koos Swart nie my naam is, wat nou weer.Francois Alexander De Villiers antwoord Buldog. Ja en ja. Ja hy hou nog steeds daarmee vol en ja ek dink ons het die bewyse gekry en dit is die saak waar mee ons jou hulp nodig het.

Vir die derde keer word Kiewiet se storie oor vertel. Vingers bly’n oomblik stil en se dan saggies “The Fixler” so dit is waar sy geld vandaan kom.Wie vra Buldog verbaas.Ons edelagbare die minister Jacques De Villiers alias The Fixler soos hy bekend staan in my gewese wereld.”The one that can fix anything, make any problem disappear.Was dit nie vir jou nie het ek dalk nog vir altyd “ge disappear “So, ja ek skuld jou..Buldog knik sy kop . Dit lyk vir my die saak kry al hoe meer kinkels by. Ons sal die liewe minister goed, baie goed moet dophou. Luister nou mooi Vingers dit is wat ek wil he jy moet doen…………….

Minister de Villiers is baie bekommerd.Iemand is besig om in sy verlede rond te snuffel.Dit is iets wat hy onder geen omstandighede kan toelaat nie.Sy informante het bevestig dat daar vrae gevra word in sekere kringe van die polisie.Nie net in sy verlede nie maar ook sy huidige privaat sake word onder die vergrootglas geplaas.Dit het tyd geword om weer die geselsie met sy prokureur te hê. Wag nog beter, hy sal hom sommer nou bel en Vrydagaand na sy huis ontbied sodat hulle weer so bietjie rustig kan gesels.Dit kan onder geen omstandighede gedult word dat daar gekrap word waar dit nie juk nie.

Johnny Vingers Paxton odervind geen probleme om toegang tot die minister se huis te kry nie.Dit is Vrydagaand en die weeklikse partytjie is in volle swang.Om die minister te volg na sy studeer kamer is vir iemand van Vinger se kalber kinderspeletjies.Die mister self het hom gewys waar die instap kluis weggesteek was asook die versteekte knoppie wat die alarm aan en afskakel. Die minister was so seker van sy eie veiligheid dat hy selfs die kluis se sleutels argeloos in sy lessenaar se laai los. Nie dat dit enigsins problematies vir Vingers sou wees nie.Die Bloedhond het geweet dat daar weinige kluise in die wereld was wat Vingers nie kon oopmaak nie. Hy kon hom by enige plek spreekwoordelik in wurm

.Die inhoud van die kluis word deeglik deur soek en elke item word gefotografeer.Die takie het hom besig gehou en na so ’n uur het Vingers hom weer by die minister se gaste aangesluit.

Ek sien waar die naam “The Fixler” vandaan kom prewel die Bloedhond.In sy hande het hy die bewyse van die totale inhoud van die minister se kluis.Voorwaar baie interesant. Sonder die banknote wat in stapels kraak vars en splinternuut twee rakke vol gelê het, het die kluis heel interesante dokumente opgelewer. Die minister was baie deeglik en elke transakie wat hy aangegaan het en ook toekomstige voordelige transaksies is noukeurig geboekstaaf. In die kluis het Vingers ook die Jackpot gekry. Weggesteek diep agter in die kluis het hy die kartonhouer gemerk “private and confedential” gekry.Binne in was geboorte sertifikate van Francois Alexander De Villiers en Jacobus Swart.Daar was ook die aaneem dokumente van dieselfde Jacobus Swart. Die beste was die testament van Francois Alexander de Villiers.Volges die testament is sy seun Francois Alexander De Villiers junior sy enigste erfgenaam.Daar was ook verskeie bewyse van betalings deur die minister die agelope klompie jare gedoen.Die enige item wat op die oog af nie daar gehoort het nie was die speelgoed hond met die lang wit lap ore.

Dit wou egter voorkom of daar ’n donker kol of vlek op een van die ore was.Soos gewoonlik het Vingers deeglike werk gedoen.Elke foto was gedokumenteer , genommer en gedateteer. Hy het die foto’s self in sy donker kamer ontwikkel.Vingers was nog ou skool en het nie veel vetroue gehad in modern digitale tegnologie nie. Sy getroue Ricoh het deeglike werk gedoen en die foto’s was kristal helder.Hy het al die foto’s en negatiewe aan die Bloedhond oorhandig. Tot die Bloedhond se verbasing is dit nie al wat Vingers vir hom gehad het nie.Die beste het hy vir laaste gehou. Die band opname van die gesprek tussen die minister en sy prokureur meneer John Baxter was voorwaar ’n goudmyn van nuwe informasie. John Baxter ook bekend as “The Backster” die regterhand van The Fixler was een van die land se prominentse advokate.Dit is nou te se as jy hom kon bekostig.In die onder wereld word hy beskou as een van die mees geslepe in die bedryf.Uit die gesprek was dit baie duidelik dat die advokaat veel meer geweet het van die minister se lewe en verlede as wat goed was vir sy gesondheid. Net die feit dat hy voorsorg getref het dat indien hy ontydig die lewe sou verlaat en dat die minister terdee daarvan bewus was,was ook die rede hoekom hy nog nie permanent verdwyn het nie.Nadat hulle so paar van die intiemste sake van die Fixler bespreek het en oor toekomstige agendas ooreengekom het het die advokaat die minister verlaat.Die minister self diep in gedagte het hom weer by sy gaste gaan aansluit.

In die Swart woning het dinge maar op die ou trant voortgegaan.Kiewiet het elke oggend die 5.30 Express stad toe gehaal en gaan werk.Santie het by die huis gebly en huisvrou gespeel, Sy kon darem so nou en dan wegbreek en in Pixie klim om vir Simone te gaan kuier.Die twee het soos ware susters baie geheg geraak aan mekaar.So nou en dan as Kiewiet die naweek af was het hulle by die die Diederickse gaan kuier.Die Bloedhond het ook besef dat al hoewel hulle nou al heelwat bewyse bymekaar gemaak het alles nog steeds omstandigheids getuienis was.

Getuienis wat sterk bevraagteken kon word, veral die verkryging van die getuinis sou beslis nie aanvaar word nie. In teendeel sou dit teen hulle gebruik kon word.Hulle het die minister se eie bekentenis nodig gehad. Simone sal egter vir Kiewiet weer moet onder hipnose plaas. Hy sal dit maar vir sy vrou en Vlooi oorlaat om Kiewiet oor te haal.

Om Kiewiet behoorlik vir die sakie oor te haal het hulle gewag vir die volgene naweek wat Kiewiet af was. Die oorhaal was makliker as wat hulle gedink het.Toe Buldog die belangrikheid van die saak aan hom verduidelik het hy dadelik ingestem.Hierdie die keer het die hipnose met sy volle samewerking plaas gevind.Simone het hom terug gevat na sy eerste aankoms by die kinderhuis.

Voor die groot gebou het sy oom J gestop. Hulle was al amper twee dae op pad. Kosie sê oom J Dit gaan van nou af jou nuwe huis wees.Kyk net die baie vensters so hier moet sommer baie kamers wees om in te kan speel. Die klein seuntjie verstaan nie hoekom sy oom J hom nou skielik Kosie noem nie.Sy naam is mos Francois of Div soos sy pa hom noem.Ek is honger en dors oom J sê hy met ’n sagte stemmetjie.Sy oom antwoord dadelik , goed wag jy vir my hier onder die boom dan gaan koop ek gou vir ons ietsie om te eet en te drink.Die seuntjie staan met vraende ogies en staar na die agter liggies van die motor wat in die nag verdwyn.Trane rol teen sy wangetjies af.Dit was die laaste keer dat die seuntjie sy oom gesien het. Na so tydjie gaan sit hy op die onderste trappie en begin harverskeurend huil.Hy verstaan nie waar is sy pa nie en ook nie hoekom het sy oom J hom na hierdie plek gebring nie.Hy wil nie hier kom woon nie. Hy wil by sy huis, by sy pappa gaan woon.

Die voordeur agter hom gaan saggies oop. Jan Fielies Fereira kyk na die huilende klein mensie op die onderste trap.Nog een van hulle prewel hy saggies en gaan sit langs hom op die trappie.Verskrik kyk die seuntjie op.Fielies vou hom styf toe en tel hom in sy arms op.Kom, kom ons gaan binne toe.Matrone Hanekom kom vinnig nader gestap toe sy mnr Fereire met die huilende mensie in sy arms gewaar.Dit is ook sy wat die briefie teen die verslete tas gewaar.Sy naam is Koos Swart lees sy .Ek kan nie vir hom verder sorg nie daarom het ek hom vir julle gebring . Kyk mooi na hom.Kom Kosie sê die matron kom ek gaan wys vir jou waar jy kan slaap.My naam is nie Kosie nie. My naam is Francois Alexander De Villiers die derde.Ek weet niks van g’n Kosie af nie. Kom nou sê Fielies , die kaartjie sê jou naam is Koos Swart so ons sal jou vir eers Kosie noem.Jy sal gou gou jou eie naam kry.Met daardie dun beentjies van jou sal ek nie verbaas wees as hulle jou Kiewiet doop nie.Stadig bring Simone Kiewiet terug na die hede.Die hipnose sessie het hulle egter nie veel wyser gelaat nie. Al wat hulle nou weet is dat Kiewiet se oom hom persoonlik by die kinderhuis kom aflaai het. Hulle het nog geen konkrete bewyse gehad nie. Dit was nou tyd vir drastiese optrede.Half verveeld kyk Kiewiet deur die foto’s wat Vingers geneem het.Skielik sit hy regop.Vlooi kom kom gou ek onhou nog iets. Verbouereerd wys hy na een van die foto’s. Dit is myne roep hy uit. Wat is joune vra Buldog wat saam met die ander kom kyk.Dit en hy wys nadie foto van die laphond wat in die minister se kluis geneem is. Dit was ek bedoel dit is myne.Vlooi en Buldog kyk hom verbaas aan.Jy bedoel…………

Die seuntjie maak verward sy ogies oop.Waar is ek vra hy met so amper stemmetjie.Waar is Ore.Hy kyk om hom rond.Die kamer en bed is nie syne nie. Sy kamer het net een bed en hier is sommer baie beddens.Die oggend stilte word versteur deur die harde gelui van die klok.Die klok wat alhoewel hy dit toe nie geweet het nie sy lewe vir die volgende klompie jare totaal sou beheer.Skielik gaan die ligte in die kamer aan.Hy sien dat oral rond om hom is seuntjies besig om op te staan.

Hy ken nie een van hulle nie en wonder waar kom hulle vandaan.Toe toe julle slaapkouse dit is opstaan tyd .Inspeksie oor tien minute.Inspeksie wat is dit vra hy hardop.Oral rondom hom begin die seuntjies op te staan en hul beddens op te maak.Hulle is omtrent almal klaar toe sit hy nog verwese op sy bed.Ore ek moet vir Ore gaan soek.Ek is seker ek het hom op my Pa se tafel gelos.Ore ek wil my Ore hê roep hy hartseer.Matrone Hanekom kom sit langs die huilende seuntjie,Toe toe klein Kosie hier is baie maatjies om mee te speel.Ongelukkig kan ons nie hier diere aanhou nie.So jy moet maar vergeet van Ore want hier hou ons nie honde aan nie.Roer jou en maak gou die klok wag vir niemand nie.Hallo my naam is Pieter of Pietie maar almal se sommer Buldog se die vriendelike stemmetjie hier langs hom.Skaam kyk die seuntjie op. Hullo my naam is Francois maar hulle sê dit is Koos Swart of Kietie of so iets.Nie Kietie nie Kiewiet so hoor ons het Fielies jou gisteraand genoem.Sê my vra Buldog wie is die Ore na wie jy so gesoek het,ek het jou gehoor.Kyk hier my bed is net hier langs jou.Ore antwoord Kiewiet is of was my speelgoed hond.Hy het sulke lang lap ore daarom is sy naam Ore.Hy pas altyd my bed op en gaan orals saam met my.Hy het so bree band om sy nek en as jy mooi kyk staan sy en my naam daarop daar ore is al baie oud en nou is hy weg en alleen.Ek is seker dat ek hom op my pa se tafel gelos het.

Is jy seker dood seker.Dit is Buldog wat die vraag dringed vra.Ja ek is seker antwoord Kiewiet.Dit is my Ore op daardie foto.Hy was eers my pa se,nee eers Oupa se hond toe my Pa s’ne nou is of was hy myne.Ek het hom agter gelaat en laat wegraak.Ek het my pa belowe om mooi na hom te kyk.Pa het gese dat as ek mooi na Ore kyk Ore ook na my sou kyk.Ek moes my pa belowe om mooi na Ore te kyk en as ek eendag kinders het Ore vir ons eerste seuntjie te gee.Francois Alexander De Villiers die vierde.Buldog kyk na Simone .Ons ek bedoel jy sal vir Kiewiet weer moet hipnotiseer.Ons sal moet uitvind hoekom Ore so belangrik is en hoe dit in die minister se besit gekom het.Dink jy dit is veilig. Nadat sy so bietjie gedink het sê Simone dit sal ok wees,solank ons in een omgewing van sy geheue bly en nie te veel ront en bont speel nie.Vir die tweede keer onderwerp Kiewiet hom vrywillig aan Simone se hipnose.Kiewiet en Simone se sagte stem vat hom terug na waar hy Ore die laaste keer gesien het. Ek sien my oom J het vir Ore Hy vee sy hand af aan Ore se oor.Hy laat val Ore op die grond en loop by die deur uit.Luister Kiewiet en Simone se stem fluister vriendelik.Gaan terug na net voor jou oom Ore optel wat het toe gebeur. Oom J tik iets op pa se masjien.Hy tel die messie op wat die briewe oop maak. Hy sny sy hand en sê woorde wat ek nie mag sê nie.Hy vat vir Ore en vee sy hand aan Ore se oor af. Kiewiet nou moet jy mooi probeer onthou.Simone kyk na wat Buldog haastig op papier gekrap het.Kan jy onhou wat jou Pa gese die dag toe hy Ore vir jou gegee het.Pa het gese Div Ore in nou joune. Jy moet baie mooi na hom kyk.Dit is baie belangrik dat jy hom nooit mag weg gee of verloor nie.As jy mooi na hom kyk sal hy altyd vir jou ook sorg waneer jy hom die nodigste het.

Stadig bring Simone hom terug uit die diep hipnose.Hy lyk moeg en sy oë is vol trane.Sy weet sonder om te vra dat hy sy pa se liggaam op die lessenaar gesien het.Woordeloos loop Vlooi na haar man en druk hom styf vas.Kiewiet draai na die verdwaasde gesigte rondom hom.Speel dit vir my terug vra hy saggies.Buldog staan op en doen die nodige. Wat nou vra Kiewiet verwese.Ons weet nou dat my oom J my pa doodgemaak het. Hy kyk hoopvol na die Bloedhond.Wat ons weet en wat ons kan bewys is twee verskillende dinge. Wat wel duidelik is is dat Ore baie meer belangriker is as wat ons aanvanglik gedink het.Die geluid van die huis telefoon se gelui onderbreek hom. Vir jou se Simone, en wys na haar man.Dit is speurdersersant Willemse. Die Bloedhond luister geduldig knik sy kop een of twee keer en se ”Baie dankie sersant dit was sommer baie goed gedoen. Dit sal beslis baie help”.Hy draai terug na die ander en gaan voort om te beklemtoon hoe belangrik Ore vir die ondersoek geword het. Sersant Willemse het onhou dat daar tog iets was wat hom destyds gepla het.Wat het van die laphond geword wat hy op die toneel gekry het. Hy het destyds aangeneem dat forensies dit vir die huishoudster gegee het .Daar was mos immers die klein seuntjie wat ook in die huis gebly het.Dit is eers nou dat hy kans gehad het om mooi oor alles te dink dat hy weer die laphond onhou het.

Hierdie was defnitief iets wat nie een van hulle kan doen nie.Die Bloedhond skakel Vingers se nommer,en vra hom om nog een keer die minister se kluis te besoek.Die keer kry Vingers net een opdrag.Vind uit wat Ore se geheim is.Laat Vrydagaand is daar ’n harde klop aan die Diedericks woning.Oudergewoonte maak die Bloedhond die deur op ’n skrefie oop sonder om die buite ligte aan te skakel.Gou maak toe die deur en daarmee glip Vinders deur die nou opening.Ek weet nie of iemand my van die Fixler se huis gevolg het nie.Nadat hulle so tien minute stil indie donker deur die venster gestaan en kyk het was hy seker dat niemand hom gevolg het nie.

Op die oog af sê Vingers is Ore maar net die gewone laphond, maar my elektroniese verklikker het gewys dat daar wel iets elektronies binne in Ore versteek was.Dit is wat ek onder Ore se nekband weg gesteek gekry het, en hy oorhandig aan die Bloedhond die mikro geheuskyfie.Die Bloedhond trek sy skootrekenaar nader en voer die geheuskyfie in.Met die klik van die muis verskyn; n aantal dokumente. Geboorte sertifikate van die hele De Villiers gesin tesame met bloedtoets uitslae vir oupa, pa en kleinseun almal Francois Alexander de Villiers. Daar is aanneem dokumente vir Jacobus Swart ook met die uitslag van die bloedtoetse geneem by aanneming. Daar is ook die testament van Francois Alexander de Villiers senior en die brief wat beveel dat as hy onder onatuurlike oorsake sou sterwe die inhoud van al die dokumente onmiddelik openbaar gemaak moes word.Die Bloedhond onder die indruk van dat hy genoeg informasie het wend hom weer tot sy gewese hoof.Die general was egter nog nie heeltemal tevrede nie.Daar sal nog eers bloedtoetse van Kiewiet geneem moes word om vas te stel vir die howe se bevestiging van wie hy werlik was.

Met net een oproep reël die generaal dat Kiewiet gaan haal word en die nodige toetse uitgevoer word.Die resultate is ’n kopie van die dokument wat in Ore se nekband gevind was.Dit bevestig dat Kiewiet inderdaat Francois Alexander De Villiers die derde is en dat hy geensins familie is of kan wees van Jacobus Swart nie.Die bloedtoets se uitslae maak dit ontmoontlik.

Die uitnodiging om’n skemerkelkie saam met dr Mclaren van die Mclaren Bank groep (Simone se nooiens van) en uitgenooide gaste word per hand by minister De Villiers se huis afgelewer.Die minister weet dat die Mclaren groep lankal reeds belang stel om na Suid Afrika uit te brei.Wat hy nie geweet het nie is dat daar enige Mclarens van dié groep woonagtig was in die land nie Onder die lys van genooides was general Viljoen hoof van die Kaapse Speurtak asook talle hoogeplaaste ekonomiese beamptes.Altyd oop vir nuwe kontakte aanvaar die minister die uitnodiging.

Elke voertuig in die Diedericksers se motorhuis is aan die voorkant van die huis geparkeer.Toe die minister arriveer het hy verbaas gekyk na die aantal luukse voertuie wat reeds geparkeer staan.Die minister se privaat voertuig kom geluidloos voor die imposante woning tot stilstand.Onmiddelik is die portier byderhand om die deur oop te maak.Die minister word hartlik welkom geheet by die Diedericks woning.Die voordeur gaan oop en hy word verwelkom deur general Tjaart Viljoen. Goeie naand Jacques kom in.Die general lyk skoon vreemd in die moderne snyerspak met bypassende hemp,das en all die nodige by behore.Die gasvrou het my gevra om jou te onmoet en na die groot biblioteek te vergesel waar al die aksie vannaand gaan plaasvind. Hier is al so paar van die genooide gaste soos jy kan sien en die general wys na die Lamborgini, Ferrari en ander luukse voertuie.Die minister kyk na waar die general beduie en praat saggies met homself.As ek my karate reg speel kan ek hier defnitief so paar donasies vir die komende verkiesing nader trek.Vinnig volg hy die general tot by die deure wat toegang tot die groot biblioteek verleen.Die deure word geluidloos oop geskuif.Indrukwekkend dink die minister as hy die gewapende wagte weerskante van die deure sien.Hy loop die groot vertrek in .In die middel van die vetrek staan een vandie grootste raadstafel van soliede eikehou wat die minister ooit gesien het.Oral teen die mure is rakke vol boeke.Agter hom skuif die deure toe.Die minister sien dat die wagte hom gevolg het en aan die binnekant stelling ingeneem. Wat gaan hier aan vra die minister verbaas. .Goeienaand oom J.Die stem kom van dieper in die groot vertrek of moet ek sê sy edele die minister. Wie dink jy is jy,vra die minister verergd. Nou nie juis iemand wat in jou kringe beweeg nie. Ek is maar net die seuntjie wat jy vyf en twitig jaar gelede op die kinderhuis in Johannesburg se stoep gelos het.Klein Koos is dit sowaar jy .Die minister was oor die ergste skok.Jy weet ek het nie juis enige ander keuse gehad nie.Ek het jou beskerm.Jy weet die stigma en alles wat aan die kind van ’n seflmoordenaar kleef is nie maklik nie.Daarom het ek jou weggevat en daar gaan aflaai.Jy moes in ’n nuwe omgewing kom waar niemand jou ken nie.

Die Bloedhond praat vir die eerste keer.Meneer die minister my naam is Pieter Diedericks ook bekend as die Bloedhond. By die aanhoor van die naam verbleek die minister merkbaar

.Hy gaan sit stadig in die naaste stoel. Laat my toe om aan u voor te stel gaan die Bloedhond voort aan ons eregas van die aand Francois Alexander De Villiers. Bog antwoord die minister.Die person wat hom Francois Alexander de Villiers noem was my aangenome stiefbroer.Die lafaard het my pa vermoor en homself daarna doodgeskiet en hy wys met sy duim en wys vinger teen sy kop, net so puff en dit was alles verby.Die Bloedhond knik vir die twee wagte.Hulle kom neem stelling in weerskante van die minister.Generaal Viljoen loop tot voor die minister gaan staan en se.”Jacques de Villiers of Jacobus Swart ek arresteer jou vir die moord op Francois Alexander De Villiers senior sowel as die moord op Francois Alexander De Villiers die tweede.Enige iets wat jy sê mag teen jou gehou word in die aangesig van die reg. Jy is geregtig op regsverteenwoordiging en indien jy nie een kan bekostig nie sal daar een aan jou voorsien word.Bah jy maak seker n grap , jy is ’n groter gek as jy dink dat ek vir daardie grap sal val……………..O ja ek was mos by die wynskou in Bordeaux as ek reg onthou tydens die tragedie in my familie se lewe. Amper vergeet ek sê General Viljoen en haal die brief uit die binnesak van sy baaêdjie.Hierdie het my kantoor so paar dae gelede bereik.Stadig vou hy die papier oop en begin lees.Hiermee verklaar ek soos volg. My naam is Bester du Toit gebore die 12 de Junie 1967. In die oggend van 20 januarie 1988 het ek in opdrag van mnr Jacque De Villiers Frankryk toe gevlieg.Ek het die wynskou in Bordeaux namens hom gaan bywoon.Vir die takie het ek die bedrag van vyftig duisend rand ontvang.Hy lieg dat hy bars ek het hom net dertig duisend rand………onderbreek die minister die general en besef te laat wat hy so pas gese het.Voordat iemand iets kon se of doen het die minister ’n pistool uigepluk.Verwoed swaai hy die pistool rond en rig dit op die generaal en skreeu. Niemand gaan my tronk toe vat nie.Die Bloedhond het langs die generaal gaan staan. Woordeloos oorhandig die generaal die brief. Verbaas staar die Bloedhond na die vel papier waaop daar nie eens een enkele woordjie op staan nie.Hy lag saggies en steek die vel papier in sy sak.Die lewe is maar snaaks praat hy moet homself.Party dae gaan dinge vir lang rukke goed. Die volgende oomblik kry jy net ’n dwarsklap van die lewe. Die minister het sy kop in weemoed skaam laat sak en voor enige iemand iets verder kon doen of sê druk hy die pistool in sy mond en trek die sneller.Die enkel skoot weergalm deur nag se stilte.

====================================================================================================================================

Continue Reading
Further Recommendations

Hakuna_Matata_ARMY: Por Que No Hay Lemon Con Personajes Así De Perfectos :(

Rhuldine: Pourquoi un seul chapitre par jour. C'est pas sérieux! Vou jouez avec les gens. Au moins 4-5 chapitres je pourrais comprendre.

bmyrmqz6cn: I love stone, he has strength and conviction in his thoughts and Actons.I love mals sweet truthful reactions in this relationship under the circumstances she is under.

Reigha: I truly hope you continue the story. I am drawn in by the spiciness of the story and the overall summary that you have provided.

Imelda Patal Gonzales: Good story.I recommend you have to read it also.I like How you write the story its very good you always the write word for the right moment.

María Del Carmen: Buena redacción, signos bien colocados que hacen fácil la lectura y comprensión

Berenice: La verdad es una novela muy buena me ha gustado mucho lleva muy bien el hilo de la trama y de los personajes los diálogos son acertados si lleva a uno a transportarse en ella.

S. M. M. B: I love this book saga. I like the Stories she wrights and her imagination

More Recommendations

marilyn: Nova and Rogue are the absolute perfect couple. Nova is so sweet. And I am so happy she has all the kids back. And Rogue definitely has his hands full with her. The sweet quiet ones are always the ones to watch out for. But they love so hard

Sharlene Fielder: Amazing sequel. You tied it up so nicely! Thank you for writing this amazing story. Thank you for sharing your amazing gift of weaving tales with us readers. Cannot wait to read more of your work.

Phyllis: ENJOYED YOUR STORY LINE. PLEASE CONTINUE

Dyana: Nice story. God bless you Author

shae inkster : absolutely loved this story. definitely a part 2!! please i need more of this book asap.

maggie Brown: Loving this story! These two are just the cutest!

About Us

Inkitt is the world’s first reader-powered publisher, providing a platform to discover hidden talents and turn them into globally successful authors. Write captivating stories, read enchanting novels, and we’ll publish the books our readers love most on our sister app, GALATEA and other formats.